Mostert-sage verdiep
Die omstredenheid rondom mnr. Rooies Mostert neem toe met verdere strafklagte wat aan die lig kom.
Denver Kisting - Die net span al hoe nouer om die oudlanddros mnr. Rooies Mostert.
Republikein kan vandag onthul dat 'n aanbeveling aan die kantoor van die aanklaer-generaal (AG) gemaak is waarkragtens Mostert weens beweerde korrupsie vervolg moet word.
Advokaat Erna van der Merwe, die adjunkdirekteur van die Teenkorrupsiekommissie (ACC), het gisteroggend bevestig dié waghond het klagte ondersoek wat met die beweerde korrupte toekenning van verblyfpermitte verband hou.
Volgens haar is die dossier reeds aan die AG se kantoor vir 'n beslissing oorhandig.
Die ander vier verdagtes is na wat verneem word beamptes verbonde aan die ministerie van binnelandse sake en immigrasie.
Uit Prins Albert in die Wes-Kaap in Suid-Afrika het daar die afgelope week 'n verhaal ontvou waarin Mostert glo 'n kernrol vertolk.
Mnr. Danie Pieterse voer uit die buurland aan Mostert het hom met tussen N$350 000 en N$400 000 ingeloop.
Die aantyging lui dat Mostert glo vir Pieterse, sy vrou, sy bejaarde ouers en twee susters belowe het hy sou hulle help om Namibiese burgerskap te verwerf.
In ruil daarvoor moes Pieterse na bewering geld in staatsprojekte belê.
Aanvanklik is N$250 000 glo direk in Mostert se bankrekening betaal om die proses vir die verwerking van hul verblyfpermitte van stapel te stuur.
In reaksie op Pieterse se agterdog oor die reusebedrae geld wat ter sprake was, het Mostert glo gesê “ons moet hom maar net vertrou”, sê Pieterse.
Later moes Pieterse glo selfs geld vir vliegkaartjies vir Mostert opdok om sakegeleenthede in Suid-Afrika te ontgin. “Dit was elke keer 'n ander storie.”
Einde ten laaste het Pieterse en sy gesin, behalwe sy susters, toe hul verblyfdokumente gekry, vertel hy. Ondanks die feit dat hulle oorspronklike dokumente hul geboorteplekke as plekke in Suid-Afrika weerspieël, het hul Namibiese paspoorte en identiteitsdokumente glo getoon hulle is op plekke in Namibië gebore.
Die susters moes toe glo volgens Mostert N$90 000 se “boete” opdok omdat hulle nie betyds van tersaaklike dokumente voorsien kon word nie, beweer Pieterse. Dié geld is glo ook regstreeks in Mostert se rekening gedeponeer.
Pieterse gee toe dat hulle waarskynlik naïef gehandel het, maar sê Mostert is vanweë sy regsagtergrond as geloofwaardig beskou. “Ons het hom vertrou.”
Die man voer voorts aan Mostert het dikwels wanneer hulle hom probeer bereik het, gesê hy is vasgevang in vergaderings met hoëlui soos ministers. “Op die ou end het ons besef dié goed is nie wettig nie.”
In 2016 het hulle besluit om hulle tot die ACC te wend.
Tussen daardie tydperk en Julie verlede jaar toe hulle uiteindelik landuit is, het 'n nagmerrie die Pieterses getref.
Nadat hulle inderhaas hul plaas naby Keetmanshoop in die mark gesit het sodat hulle die land kon verlaat, het die polisie toegeslaan en hom, sy vrou en sy pa, wat in daardie stadium 92 jaar oud was, in hegtenis geneem. “My ma is toe net 'n maand vantevore oorlede.”
Hulle het volgens Pieterse 'n aand in aanhouding deurgebring voordat hulle op borgtog vrygelaat is.
In Julie 2017 is Pieterse-hulle toe weg nadat hulle 'n pleitooreenkoms met die staat moes sluit om “sonder 'n rekord” te mag terugkeer Suid-Afrika toe, sê hy.
Volgens hom het hulle nog geen woord van die ACC gehoor sedert hulle die saak teen Mostert aanhangig gemaak het nie. “Hy't ons hele lewe opgemors.”
NóG AANTYGINGS
Intussen beweer 'n inwoner van Gobabis Mostert het hóm ook met nagenoeg N$400 000 ingeloop.
Volgens dié persoon hou dit verband met 'n grondooreenkoms wat skeefgeloop het.
Mostert het glo 'n 49%-aandeel in 'n stuk grond by dié Omahekedorp aan hom verkoop en sonder toestemming weer onder sy neus verkoop. Dié grond is glo dieselfde een wat aan mnr. Hennie Schreuder van Brakwater verkoop is.
Schreuder het vroeër vanjaar bedrogklagte ten bedrae van N$1,5 miljoen by die polisie teen Mostert ingedien.
Die grond, waarop sake-eenhede glo opgerig sou word, beslaan 3,6575 hektaar.
BEDROGKLAG
Schreuder en Mostert het ooreengekom dat Schreuder N$1,5 miljoen sou stort in wat 'n beslote korporasie (BK) tussen die twee mans sou word.
Mostert het verlede week uit Suid-Afrika erken hy het die geld ontvang. Maar, sê hy, Schreuder het sy deel van die belegging ingevolge 'n kontraktuele klousule verbeur. Dít, voer hy aan, is omdat Schreuder nie betyds die eiendom laat registreer het nie.
Hoofinsp. Kauna Shikwambi, 'n polisiewoordvoerder, het verlede week die N$1,5 miljoen-bedrogklag teen Mostert bevestig.
Mostert het gister by navraag via WhatsApp gesê die jongste bewerings teen hom is onwaar. “Ek is by dokter (sic). Sal bewyse vir jou aanstuur voor Maandag,” was sy boodskap aan die koerant.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie