Motor deur water meegesleur
Berigte word ontvang van verskeie riviere in die Suide wat loop nadat swaar reën op plekke geval het. Die foto's van 'n motor wat deur 'n vinnig stygende Guruchabrivier op die pad tussen Keetmanshoop en Grunau meegesleur is, is deur Namibia Marshall Rangers geneem. Die toneel kon nie bereik word nie omdat riviere oor die Aroabpad gevloei het.
"Die noodsapnne is by die Guruchabrivier gestop en kon nie die toneel bereik nie. 'n Nabygeleë plaaseienaar het egter tot die bestuurder en passasiers se redding gekom wat na veiligheid gebring is. Dit het sowat 40 km van Keetmanshoop op die pad na Aroab gebeur en ons het die noodspanne omstreeks 11:31 uitgestuur," lui 'n boodskap van Sean Naude.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie