Motorbom dood 15 in Mogadisjoe
Ten ministe 15 mense is gister dood in 'n motorbomontploffing in die Somaliese hoofstad Mogadisjoe. Die selfmoordbomaanvaller het in 'n voertuig gery wat soos 'n melkafleweringswa lyk. Die dodetal kan nog styg met ten minste 18 mense wat beseer is. Die ekstremistiese groep Al-Sjabaab het verantwoordelikheid vir die ontploffing aanvaar, volgens die Shahada-nuusagentskap. Dit volg in minder as 'n week nadat gewapende mans van Al-Shabaab ten minste 31 mense in 'n gewilde restaurant in Mogadisjoe doodgeskiet het. Foto Nampa/Reuters
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie