Motorbom dood minstens 19 in Mogadisjoe
Motorbom dood minstens 19 in Mogadisjoe

Motorbom dood minstens 19 in Mogadisjoe

NAMPA
Minstens 19 mense is dood toe Islamitiese militante Woensdagaand ‘n besige hotel en 'n naburige restaurant in die Somaliese hoofstad, Mogadisjoe, met ‘n motorbom en geweervuur aangeval het.

Die motor is deur ‘n selfmoordbomaanvaller in die Posh Hotel in die suide van Mogadisjoe ingejaag voordat gewapende mans in Pizza House, ‘n naburige restaurant, ingestorm en 20 mense gyselaar geneem het.

Die Posh Hotel is die enigste plek met ‘n diskoteek in die hoofstad.

Die distrikshoof van die polisie, Abdi Bashir, sê Somaliese veiligheidsmagte het teen middernag beheer van die restaurant oorgeneem nadat die gewapende mans die gyselaars vir etlike ure aangehou het. Vyf van die gewapende mans is doodgeskiet, het Bashir gesê.

"Ons is beheer van die hotel, maar dit is grootliks deur die selfmoordbomaanvaller verwoes,” het hy aan Reuters gesê.

Ooggetuies het vertel dat liggame op die toneel gesaai gelê het, toe ambulanse gisteroggend opgedaag het.

Altesaam 27 mense is met beserings na die hospitaal geneem.

Ooggetuies sê die aanval is van stapel gestuur ná die Iftar-aandete vir kliënte wat vir Ramadan vas.

Al-Sjabaab, die Islamitiese militante groep, het aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar. - Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!