Motorbom dood sewe in Sinai
Motorbom dood sewe in Sinai

Motorbom dood sewe in Sinai

Egipte
NAMPA
Sewe burgerlikes, onder wie twee kinders, het gesterf toe 'n motorbom Maandag by 'n deursoekingspunt in die Sinai-skiereiland ontplof het, het 'n woordvoerder van die Egiptiese weermag gesê.
Die weermag sê die voertuig is by die deursoekingspunt naby Arish, die hoofstad van die Noord-Sinai-provinsie, onderskep. Die weermag het probeer om die ontploffing se impak te verminder deur met 'n tenk daaroor te ry.
Die bom het egter ontplof nadat die tenk weggery het en burgerlikes is getref.
Niemand het nog aanspreeklikheid vir die voorval aanvaar nie. Vier gewapende mans was binne die voertuig, het die weermag gesê.– Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!