Motorbom ontplof in Homs
Sirië
‘n Motorbom het gisteroggend in Homs in Sirië ontplof. Dit het die lewe van minstens vier mense geëis en 32 in die Al-Zahraa-woonbuurt van die stad beseer.
Dit volg net twee dae nadat die stad vir die eerste keer sedert 2011 ten volle onder beheer van die regering gekom het.
Veiligheidspersoneel het ook ‘n ander voertuig vol plofstof gepak naby ‘n Sjiitiese Moslem-bedevaartplek suid van Damaskus opgeblaas, het Siriese staatsmedia berig.
Homs se goewerneur, Talal al-Barazi, sê die aanval is in weerwraak oor die vordering van Siriese regeringsmagte die afgelope tyd gemaak om die land te herower.
Sondag het honderde vertrekkende Siriese rebelle en hul families die stad verlaat en die ontruiming voltooi van Homs se laaste gebied onder opposisiebeheer, al-Waer, wat vir meer as ‘n jaar deur regeringsmagte beleër is. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie