Motorbom ontplof in Kaboel
Minstens 24 mense is Maandag dood en 40 beseer in ’n selfmoordbomaanval in Kaboel, Afganistan.
Die motorbom het naby die huis van die bekende politikus, Mohammad Mohaqiq, ontplof. Die Sjiïtiese Hazara-gemeenskap bly hoofsaaklik in dié deel van die stad.
Die ontploffing het ook ’n bus verwoes wat werknemers van die departement van mynwese vervoer het.
Die teiken van die aanval is nog onduidelik.
Niemand het al aanspreeklikheid vir die ontploffing aanvaar nie.
Vorige aanvalle is toegeskryf aan óf die Taliban of die sogenaamde Islamitiese Staat.
Daar was vanjaar al verskeie aanvalle in Kaboel.
In Mei is 150 mense dood toe ’n vragmotorbom in die stad ontplof het.
Volgens die Verenigde Nasies was daar in die eerste helfte van die jaar minstens 1 662 burgerlike sterftes waarvan sowat 20% in die hoofstad plaasgevind het. – Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie