Motorbomme by presidensiële paleis ruk Mogadisjoe
’n Motorbom het Saterdag in ’n motor enkele meters van die presidensiële paleis en ’n kontrolepunt in die Somaliese hoofstad, Mogadisjoe, ontplof.
Volgens die polisie is dit nog onduidelik wie vir die ontploffing verantwoordelik is. Al die aanvallers is omstreeks 13:00 afgeweer in 'n heen-en-weer-skietery wat vir twee ure geduur het. Al drie aanvallers is in dié skietery dood.
“ ’n Motorbom het ontplof . . . dis te vroeg om die sterftesyfer te bepaal,” het polisiebeampte majoor Moehamed Hoessein oomblikke ná die ontploffing aan Reuters gesê. Daar word beraam dosyne is beseer.
’n Tweede bom het ook naby die toneel oorkant ’n polisiegebou ontplof, het ’n polisiebron gesê. Dit was nie onmiddellik duidelik of enigiemand beseer is nie.
’n Ooggetuie het rook uit verskeie brandende voertuie rondom die ontploffings sien trek.
Die Islamitiese groep Al-Sjabaab plant gereeld bomme in die land in hul stryd om die sentrale regering omver te werp. Die groep het nog nie verantwoordelikheid vir Saterdag se ontploffings aanvaar nie.
Die groep wil die Westerse sentrale regering omverwerp, Amisom, ’n Afrika-Unie-gesteunde vredesoperasie, verdryf en ’n regering stig wat volgens hul eie streng interpretasie van Islamitiese sjaria-wette regeer.
Somalië gaan sedert die omverwerping van die diktator Moehamed Siad Barre in 1990 onder geweld en wetteloosheid gebuk.
Volgens Hoessein het veiligheidsmagte ná die ontploffing op die toneel losgebrand. Sirenes van ambulanse kon gehoor word terwyl daar op luidsprekers aangekondig is die pad moet oopgemaak word. – Reuters/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie