Motorbomme eis lewens in Turkye
Motorbomme eis lewens in Turkye

Motorbomme eis lewens in Turkye

Regering gee PKK skuld vir aanvalle
Estelle de Bruyn
Minstens ses mense is dood en 219 beseer toe twee motorbom­ontploffings polisiekantore in Turkye geteiken het.
’n Motorbomaanval op ’n polisiekantoor in die oostelike provinsie Van, het die lewe van een polisie­beampte en twee burgerlikes geëis. Minstens 73 mense, onder wie 53 burgerlikes en 20 lede van die polisiemag, is in die aanval beseer.
Enkele ure later, in die vroeë oggendure gister, het nóg ’n motorbom by ’n polisiekantoor in die oostelike Turkse stad Elazig ontplof en die lewe van minstens drie polisie­beamptes geëis en 146 beseer. Onder die beseerdes was 14 wat in ’n ernstige toestand verkeer het.
Volgens die adjunkburgemeester van Elazig, Mahmut Varol, het die ontploffing op die perseel van die polisiehoofkantoor plaasgevind. Die ontploffing het meegebring dat verskeie nabygeleë geparkeerde voertuie aan die brand geslaan het.
Die owerhede gee die Koerdistan Werkersparty (PKK) die skuld. Die PKK het ’n veldtog van motor­bomontploffings van stapel gestuur waarin polisiekantore en -voertuie geteiken word.
Verlede week het die PKK se bevelvoerder, Cemil Bayik, gedreig dat aanvalle teen die polisie sal toeneem.
Gevegte tussen die PKK en Turkse veiligheidsmagte het verlede jaar hervat nadat ’n brose vredes­proses in duie gestort het. Sedertdien is meer as 600 Turkse veiligheidspersoneel en duisende militante van die PKK dood.
Tienduisende mense is dood sedert diePKK in 1984 die wapen opgeneem het om selfbeskik­king in die ooste van Turkye te probeer bewerkstellig. - Nampa/AP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!