Motorfietsgeliefde sterf in ongeluk
Francoise Steynberg- ’n Bekende in motorfietskringe, mnr. Tiaan Scheepers (50), het Saterdagaand in ’n motorfietsongeluk in Windhoek gesterf.
Volgens die polisie is Scheepers omstreeks 22:00 by die Pionierspark-begraafplaas op Hosea Kutakoweg op slag dood.
“Hy het van suid na noord gery, die sypaadjie in ’n draai getref en beheer oor die motorfiets verloor. Die polisieondersoek duur voort,” lui die polisie se verslag.
Scheepers se vrou, Linètt, het op haar Facebook-blad geskryf: “Tiaan het Saterdagaand met sy nuwe 1250 GS Adventure-motorfiets op die begraafplaaspad (daai draai!) verongeluk.”
Sondagaand het ’n groot groep motorfietsryers by die Yamaha-motorfietshandelaar in die hoofstad byeengekom en hulde aan die oorledene gebring.
Hulle het hul motorfietse om 18:30 ter ere van Scheepers laat brul.
Sy skoonsuster, me. Jana Weyers, sê hy was ’n baie geliefde mens – nie net in motorfietskringe nie.
“Tiaan se koebaaibraai sal later gehou word as corona eers beter is, want watter 49 mense gaan ons mos nou nooi? Hy sal veras word en ek sal detail deurgee sodra dinge in plek is,” het sy weduwee geskryf.
Huldeblyke het op Facebook ingestroom om medelye met Scheepers se familie te betuig.
Hy word deur sy ma, Breggie, sy suster, Chrisna, sy vrou en twee stiefkinders, Anja en Arno Wiese, oorleef.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie