Motorfietsongeluk eis Suid-Afrikaner
Motorfietsongeluk eis Suid-Afrikaner

Motorfietsongeluk eis Suid-Afrikaner

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



'n Suid-Afrikaanse man is Sondag omstreeks 14:00 in 'n motorfietsongeluk in die duine naby Lang­strand dood.

Die Namibiese polisie het aanvanklik gesê mnr. Raymond van Wyk (30) was in 'n ongeluk met 'n vierwielmotorfiets betrokke, maar hy het alleen in die duine met 'n geel Suzuki-motorfiets gery toe hy glo daarmee gespring en te hard te lande gekom het.

Hoofinsp. Daniel Gurirab van die Namibiese polisie in die Erongostreek het gister bevestig Van Wyk het inderdaad 'n motorfiets gery.

Die beseerde Van Wyk het glo vir sowat 'n uur in die duine gelê voor hy gevind is en het op pad hospitaal toe in die ambulans gesterf.

Die oorledene se liggaam is na die Walvisbaaise polisielykshuis geneem waar 'n nadoodse ondersoek gedoen sal word. Van Wyk se naasbestaandes is van sy dood ingelig.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!