Motorfietstoer deur Kaza 'n reusesukses
Francoise Steynberg - Die Tswane Legend-motorfietsklub (TLB) het meer as 4 000 km op hul ysterperde deur die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsgebied (Kaza TFCA) onder leiding van Namibia Wildlife Resorts (NWR) gereis.
Die TLB-lede het hul doelwit bereik ná hulle in minder as 10 dae dae deur al die Kaza-lidlande - Angola, Botswana, Namibië, Zambië en Zimbabwe - gereis het, lui ’n NWR-mediaverklaring.
"Wat begin het as 'n gesamentlike idee van mnr. Ernest Mokganedi, uitvoerende lid van die TLB, en me. Zelna Hengari, NWR se besturende direkteur, het gelei na 50 motorfietsryers wat deur Kaza gereis het om die mees beduidende bewaringsgebied in die wêreld te verken."
Kaza is die tuiste van die grootste delta in die wêreld, die Okavango-delta, én een van die wêreld se sewe natuurwonders, die Victoria-valle.
Die motorfietsryers se avontuur het by Kasane in Botswana afgeskop vanwaar hulle na NWR se Popa Falls-oord gery het. Hier het hulle die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, die goewerneur van Kavango-Oos, mnr. Samuel K. Mbambo, Hengari en ander hooggeplaastes ontmoet.
Shifeta het gesê hy is verheug dat die TLB hul vertroue in NWR geplaas het om die toer te organiseer. Hy het gesê dit is belangrik dat eenheid in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se motorfietsgemeenskap bestaan en dat oorgrenstoerisme deur motorfietstoere bevorder word.
"Namibië en Suid-Afrika het uitstekende betrekkinge en word deur tasbare aktiwiteite soos dié motorfietstoer bevorder," het die minister gesê.
Die gemeenskap van Calai in Angola het ook uit die motorfietsryers se besoek voordeel getrek met 'n restaurant wat opgeknap is en middagete aan die groep verskaf het.
Hengari en klublede het by dié geleentheid klere vir die komende winter aan die Baraquena-gemeenskap geskenk.
Ná hul vertrek uit Namibië het die motorfietsryers na Zambië en Zimbabwe gereis om die majestueuse Victoria-valle te sien, wat hulle as een van hul hoogtepunte beskryf.
Hengari het gesê haar span het hard gewerk om die toer 'n werklikheid te maak.
"Dit was die eerste in sy soort en het 'n sterk grondslag vir toekomstige toere gelê," het sy gesê.
Sy het egter gesê ’n uitdaging was die gesloer by sommige grensposte.
"Ek glo Kaza het groot potensiaal om meer besoekers te ontvang, maar ons moet spesiale aandag skenk aan die tyd wat besoekers by grensposte bestee. Dit sal in ons beste belang wees om 'n Kaza-toonbank by elke grenspos te hê wat groot groepe hanteer om vertragings te voorkom," het Hengari gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie