Motoriste teen gevaarlike Kuiseb gewaarsku
Motoriste teen gevaarlike Kuiseb gewaarsku

Motoriste teen gevaarlike Kuiseb gewaarsku

Ronelle Rademeyer
Dit gons tans op Facebook oor die Kuisebrivier wat in vloed is en teen Vrydagmiddag al verby Homeb gevloei het.
Dit blyk egter foto's wat fluks op sosiale media aangestuur is van 'n rivier in vloed en een wat wys hoe die water reeds teen die bokant van 'n brug klots, nié van die Kuisebrivier is nie, maar van die Visrivier wat suidwaarts verby Mariental vloei.
Mnr. Len Kootijie, seun van die Topnaar-hoofman Seth Kootjie, het intussen aan Otis Finck van NMH se kantoor op Walvisbaai bevestig dat sy pa 'n waarskuwing uitgereik het aan motoriste wat die C14-pad tussen Solitaire en Walvisbaai gebruik.
Hoofman Kooitjie het gewaarsku dat die Kuisebrivier in vloed is en dat mense wat Solitaire toe ry, versigtig moes wees "aangesien die brug besig is om in te gee".

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!