• Tuisblad
  • Sake
  • Motors word ‘goedkoper’, maar kopers bly sku
Motors word u2018goedkoperu2019, maar kopers bly sku
Motors word u2018goedkoperu2019, maar kopers bly sku

Motors word ‘goedkoper’, maar kopers bly sku

William Horne – Die prys van nuwe én gebruikte motors styg op die oomblik stadiger as die algemene inflasiekoers, maar die meeste Suid-Afrikaners se koopkrag is steeds te swak om selfs motors wat in reële terme goedkoper word, te koop.

Die kredietburo TransUnion se jongste verslag oor die motorprysindeks vir die tweede kwartaal wys dat nuwe voertuie slegs 3,1% duurder geword het as in die eerste kwartaal. Tweedehandse voertuie se pryse het met ’n powere 1% gestyg. Inflasie het gemiddeld by 4,5% gedraai.

Die indeks word saamgestel uit die gemiddelde prys van 15 gewilde modelle motors.

“Daar is ’n direkte verband tussen die huidige makro-ekonomiese toestande – die land se negatiewe BBP-groei van 3,2% vir die eerste kwartaal is die laagste wat dit die afgelope tien jaar was – en die beperkte mark vir nuwe voertuie,” sê Kriben Reddy, hoof van die voertuigafdeling vir TransUnion Afrika.

Verkope van nuwe voertuie het in die tweede kwartaal met 7% teenoor die eerste kwartaal gedaal. Selfs verkope van tweedehandse voertuie het met 2% gedaal.

Die druk op verbruikers word verder weerspieël deur die feit dat al hoe meer motorverkope in die tweedehandse kategorie én in ’n prysklas van minder as R200 000 geskied.

Vir elke nuwe voertuig wat tans in Suid-Afrika gefinansier word, word 2,16 tweedehandse voertuie gefinansier. In die tweede kwartaal van 2018 was dié verhouding laer op 2,05.

Die meeste (39%) van alle gefinansierde motors in die tweede kwartaal was minder as R200 000 werd. Volgens TransUnion is dit ’n vlak wat laas in die tweede kwartaal van 2013 gesien is, en dui op beduidende druk op verbruikers.

“Dit beteken basies dat verbruikers se koopkrag nog nie sedert dié tyd (2013) verander het nie, en inderwaarheid in reële terme gedaal het.”

Altesame 40 611 nuwe voertuie is in die tweede kwartaal vanjaar gefinansier, terwyl 87 538 tweedehandse voertuie gefinansier is. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!