Motorverkope in China 92% minder
Motorverkope in China het in die eerste twee weke van Februarie met 92% gedaal te midde van vrese oor die Covid-19-coronavirus.
Die eerste week in Februarie was die ergste toe landwye verkope van nuwe motors met 96% tot ’n daaglikse gemiddeld van net 811 eenhede gedaal het. Op ’n maandgrondslag sal motorverkope na verwagting met 70% daal.
Dié syfers neem nie die verkoop van minibussies in ag nie.
Daar word verwag dat die situasie in die derde week van Februarie sal verbeter, minstens in vergelyking met powere verkope aan die begin van die maand, sê Cui Dongshu, sekretaris-generaal van PCA, die regeringsorganisasie wat die ellendige motorverkoopsyfers bekend gemaak het.
Die swak verkope wys hoe erg die impak van Covid-19 op die ekonomie van die wêreld se grootste motormark is.
Selfs voor die uitbreek van die virus was motorverkope besig om te taan te midde van swak ekonomiese groei en spanning tussen China en Amerika.
China se handelsdepartement het Donderdag gesê hy gaan nou saamwerk met ander departemente om motorverkope te stabiliseer en die uitwerking van die virus teen te werk.
Dit sluit in ’n moontlike beleid waardeur nuwe elektriese motors deels deur die staat gesubsidieer word in ’n poging om verkope ’n hupstoot te gee. – Bloomberg/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie