Motorverkope tel effe spoed op

Op ''n jaarbasis krimp die verkoop van nuwe voertuie reeds sedert die middel van 2015 in.
Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy – Méér as 4 000 nuwe voertuie minder is in die eerste elf maande vanjaar in Namibië verkoop as in dieselfde tydperk in 2015.

Volgens die jongste ontleding van IJG Securities is 15 532 nuwe voertuie van Januarie tot einde November vanjaar verkoop, sowat 21% minder as in die ooreenstemmende tydperk in 2015.

In November is 1 317 nuwe voertuie verkoop, die hoogste sedert Augustus vanjaar. Verkope in ál die kategorieë was hoër as in Oktober, maar die grootste styging was met die verkoop van middelslag- kommersiële voertuie. Dit het tot 30 eenhede verdubbel.

Vyftig nuwe swaarvoertuie is verlede maand van die hand gesit, ‘n sprong van 38,9% teenoor Oktober se verkope. Altesaam 535 nuwe passasiersmotors het base gekry, wat 16,3% meer is. Ligte- kommersiële voertuigverkope het met 8,6% tot 702 eenhede gestyg.

''Bemoedigend''

IJG sê dié beter maandelikse vertoning is bemoedigend, maar kan straks net vanweë seisoenale faktore wees. Op ‘n jaarbasis krimp die verkoop van nuwe voertuie reeds sedert die middel van 2015 in.

Vergeleke met November 2015 het verkope verlede maand met 404 of 23,5% gedaal. Ligte- kommersiële voertuie het met minus 32,8% gegroei, terwyl swaarvoertuie met 21,9% ingekrimp het. Passasiersmotorverkope het negatiewe groei van 9% getoon.

Daarenteen het middelslag- kommersiële voertuigverkope positiewe groei van 25% getoon. In nominale terme beteken dit egter net ses voertuie meer as in November 2015, sê IJG.

Buurland

In Suid-Afrika gaan dit ook opdraande. Verkope in die breër motorhandel het in Oktober vir die tweede maand agtereenvolgens gesink.

Volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA) het die sektor se verkope – in huidige randwaarde, dus selfs met prysstygings ingesluit – met 0,6% gedaal vergeleke met ’n jaar gelede. September se aangepaste syfer is nou -0,1% nadat die voorlopige syfer 0% was.

Dit beteken verkope het nou al vyf uit die eerste tien maande van 2016 gedaal.

Van maand tot maand het verkope met 0,7% gestyg, maar oor ’n aaneenlopende drie maande was verkope 2% laer. – Bykomende beriggewing deur Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!