Motorverkope tuimel ook in SA
Motorverkope tuimel ook in SA

Motorverkope tuimel ook in SA

Jo-Mare Duddy Booysen
Niel Joubert

Die verkope van nuwe motors, ’n sterk aanwyser van verbruikersvertroue en -besteding, het “skerp geval” in September en die “resessie” in die mark vir nuwe voertuie het “beduidend versnel”.

Nuwe verkope in September het op ’n jaargrondslag met 14,3% tot 47 399 gedaal, het die Nasionale Vereniging van Motorvervaardigers (Naamsa) Maandag gesê, wat wys op die moeilike heersende ekonomiese omstandighede in Suid-Afrika.

Dit kom ná ’n afname van 9,5% in Augustus.

Naamsa sê gegewe die huidige moeilike ekonomiese omstandighede in Suid-Afrika is die verwagting dat “die negatiewe tendens gaan voortduur op mediumtermyn”.

Die verkope in September is ’n “beduidende” 7 904 minder as die 55 303 wat in September van verlede jaar verkoop is.

Dis ook verrassend dat die uitvoer van nuwe motorvoertuie ook op ’n jaargrondslag gedaal het, sê Naamsa.

In September was uitvoerverkope 32 876, ’n afname van 6,5% of 2 278 vergeleke met dieselfde maand ’n jaar gelede.

Kamilla Kaplan, ’n ekonoom van Investec, sê die verkope is verteenwoordigend van gedempte ekonomiese aktiwiteit te midde van lae sake- en verbruikersvertroue.

Die daling in die verkope van passasiersvoertuie, wat ’n derde van alle verkope uitmaak, kan toegeskryf word aan die toename in rentekoerse, swak groei in besteebare­ inkomste, aansienlike verhogings in die prys van nuwe motors en relatiewe streng kredietvoorwaardes vir huishoudings, sê Kaplan.

Die druk op huishoudings en op die mark vir nuwe motors gaan waar­skynlik die res van die jaar voortduur, sê sy. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!