Mount Etjo geseën met 'n meer
Ronelle Rademeyer
Ná vier jaar van erge droogte waartydens Mount Etjo Safari Lodge in die droë maande daagliks tot 7 ton aan die sowat 7 000 diere op dié wildplaas moes voer, is die lodge die afgelope naweek letterlik kniediep met water geseën.
Die eienaar van dié wêreldbekende lodge, me. Annette Oelofse, vertel die rivier wat voor die lodge verbyloop en die oorsprong van die groot Omarururivier is, het Vrydag ná stortreën sy walle oorstroom.
“Ons lê op die waterskeiding. Die Omatakorivier ontspring ook hier by Mount Etjo,” vertel sy.
Die water het die tuin en omliggende terrein volgestoot en die gebied behoorlik soos 'n meer laat lyk. Sy sê hoewel die water tot teen die drumpels van die deure gekom het, was die enigste skade 'n nat tapyt. “Die toeriste se kamers het niks oorgekom nie. Ons was volbespreek vir drie opeenvolgende nagte, maar danksy ons wonderlike span werknemers wat almal vrolik gebly en saamgestaan het, kon ons die lodge Saterdagoggend binne twee uur skoon kry toe al die water teruggetrek het.”
“Ons kon al die gaste ontvang wat bespreek het en dié wat vertrek het, kon ons veilig op droë grond kry. 'n Russiese familie was gestrand tussen twee riviere, maar Alex, my seun, het hulle per helikopter gaan oplaai. Dit was werklik 'n belewenis vir hulle,” vertel Oelofse.
“Ons geniet die reën ná die vier jaar van droogte. Ons het vir vier jaar lank elke jaar van Augustus tot Januarie tot sewe ton lusern per dag aan die diere gevoer.
“Dis 'n vreugde om te sien hoe die natuur weer begin lewe en 'n beloning om die meer as 7 000 diere wat ons moes voer, weer in volle prag in hul habitat te sien.
“Dit is 'n groot beloning wetende ons het alles gegee aan energie, krag en materiaal om die natuur te bewaar en deur te help. Ek kan nie genoeg dankie sê aan ons lojale werknemers wat by ons gestaan het nie,” het sy gister met groot dankbaarheid vertel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie