Mouton hoor vandag uitspraak

Mnr. Morné Mouton het in 2015 drie mans langs die pad doodgery toe hy as 18-jarige na bewering dronk bestuur het.
Kristien Kruger
Kristien Kruger – ’n Jongman wat daarvan beskuldig word dat hy as tienerseun drie mans doodgery het terwyl hy onder die invloed van drank was, sal vandag sy lot in die landdroshof in Windhoek aanhoor.

Landdros Vanessa Stanley behoort omstreeks 09:00 uitspraak te gee of mnr. Morné Mouton (23) skuldig of onskuldig bevind is op klagte van strafbare manslag, roekelose bestuur en die bestuur van ’n motorvoertuig onder die invloed van alkohol.

Die uitspraak sou op 5 November 2020 gelewer word, maar is uitgestel.

Ná sy inhegtenisneming en eerste hofverskyning is Mouton op borgtog van N$6 000 vrygelaat. Sy verhoor het op 24 Julie 2018 in die landdroshof in Windhoek begin waartydens hy onskuldig op al die klagte gepleit het.

Die noodlottige ongeluk het omstreeks 04:00 op 4 Julie 2015 plaasgevind toe Mouton ’n 18-jarige matriekleerling by Windhoek Hoërskool was.

Hy het na bewering drie mans wat op ’n sypaadjie gestaan het, doodgery terwyl hy in Sam Nujomarylaan verby Hochlandpark op pad was.

Die slagoffers was sersant Manfred Gaoseb (35), wat ’n beampte in die stadspolisie was, asook Werner Simon (22) en Joshua Ngenokesho.

Die staatsaanklaer is mnr. Rowan van Wyk en Mouton se privaat aangestelde regsverteenwoordiger is mnr. Sisa Namandje.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!