Mouton skuldig bevind
Mouton skuldig bevind

Mouton skuldig bevind

Morné Mouton is skuldig aan strafbare manslag bevind, maar onskuldig aan dronk- en nala­tige bestuur.
Sanet de Waal
Kristien Kruger



Die 23-jarige Morné Mouton, wat ses jaar gelede drie mense langs die pad doodgery het, is Vrydag in die landdroshof in Windhoek aan strafbare manslag skuldig bevind.

Hoewel hy ook tereg gestaan het op aanklagte van dronkbestuur en roekelose en nalatige bestuur, is hy op dié klagte onskuldig bevind.

Mouton het omstreeks 04:00 op 4 Julie 2015, toe hy 18 jaar oud was, drie mense doodgery wat op die sypaadjie gestaan het. Een van die slagoffers was 'n polisiebeampte.

“Mouton het nie die nodige aandag op die pad gehad nie en moes sy spoed verminder het toe hy die polisie­motor se ligte gesien het.

“Sy gedrag was roekeloos en daarom is hy skuldig aan strafbare manslag,” het landdros Vanessa Stanley gesê.

Mouton sal op 27 Januarie in ­Windhoek se streekhof verskyn vir vonnisoplegging.

Die noodlottige ongeluk het in Sam Nujomarylaan in Hochland Park gebeur en die slagoffers was mnre. Manfred Gaoseb, wat 'n polisiebeampte was, asook Werner Simon en Joshua Ngenokesho.

Mnr. Rowan van Wyk verteenwoordig die staat en Mouton se regsverteenwoordiger is mnr. Sisa Namandje.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!