Moutons se Afrikaners vier 60 jaar
Ronelle Rademeyer - Op die plaas Karstveld tussen Otjiwarongo en Otavi boer die 81-jarige oom Christo Mouton reeds vanaf 1955 met Afrikaners. Hy was pas terug op die plaas ná sy landboustudies toe hy en sy pa, Andries, die Karstveld Afrikanerstoet geregistreer het.
Deesdae boer sy seun, ds. De Wet Mouton (49), deeltyds saam en koester dié twee steeds passievol hul drome vir hierdie beesras en sy waarde vir kruisteling in die land.
Om die stoet se 60ste bestaansjaar te vier, het die Moutons tydens vanjaar se Windhoek Skou Afrikaners vertoon wat oor dekades heen vir genetiese vordering geteel is. Die stoet bestaan tans uit 150 vroulike diere.
Die Boer: Hoe het dit gebeur dat oom met Afrikaners begin boer en ’n stoet geregistreer het?
Mouton: My pa het met Rooipoenas geboer, waarop hy later Afrikanerbulle gebruik het. Die Afrikaners het uitstekend gekruis en was ’n baie geharde bees. Tydens my studentejare op Potchefstroom het ek in kontak gekom met die Afrikanerbees en stoeterye besoek.
In daardie tyd het ons die eerste geregistreerde koeie by die Wintersvlei Stoet van die Van Beecks in Suid Afrika aangekoop, en in 1955 is ons stoet geregistreer.
’n Paar jaar later het ons die stoet van mnr. Abraham Knott in die destydse Noord-Transvaal oorgekoop en later nog koeie by die Therons en die Cronje’s in die Vrystaat gekoop.
DB: Hoekom Afrikaners en nie ’n ander ras nie?
Mouton: In daardie jare was die Afrikanerbees dié bees in Suider-Afrika en het hierdie beesras en sy kruisings meer as 80 persent van die nationale kudde uitgemaak. Ek het van die ras gehou en dit was vir my ’n uitdaging om met hierdie beeste winsgewend te boer.
DB: Wat was die hoogtepunte in terme van kampioene opgelewer en toppryse vir bulle en vroulike diere by veilings?
Mouton: In die sestiger- en sewentigerjare het ons gereeld geskou, maar die beoordelaars het net vir koppe en horings gekyk, en nie vir vleisbouvorm nie. Maar die wiel het gedraai en het ons in die negentigerjare twee keer reserwe interras-kampioenbulle op Windhoek Skou vertoon en een keer ook die interras-vleisbul. Hierdie prestasie is weer in 2005 herhaal.
In 1992 het ons die hoogste prys op die Windhoek Skouveiling behaal en ‘n bul vir N$15 000 verkoop. Bulle is verder maar direk van die plaas af bemark.
Vanaf 2009 het ons bulle Suid Afrika toe geneem om daar op veilings te verkoop, omdat telers daar wat by ons bulle gekoop het, baie goeie pryse vir hul nageslag gekry het.
Ons het toe daardie jaar op twee veilings, die een op Potchefstroom en die ander op Hoopstad, bulle verkoop. Op beide veilings is Karstveld-bulle vir die hoogste pryse verkoop, die een vir R87 000 en die ander vir R44 000.
Die grootste hoogtepunt was egter tydens die eeufeesviering van die Afrikaner Beestelersgenootskap in 2012 op Hoopstad in die Vrystaat toe Karstveld Attie vir R100 000 verkoop is. Tydens die Namibiese eeufeesvieringe, is drie bulle vir ’n gemiddeld van N$80 000 verkoop, waarvan die hoogste prys N$135 000 was.
DB: Hoe het julle oor die jare te werk gegaan om die genetika te verbeter?
Mouton: Ek het in 1969 by die Prestasietoetsskema van die Landbou-navorsingsraad (LNR) aangesluit en het begin selekteer vir produksie-eienskappe. Bulle is jaarliks aan Fase C-toetse op Omatjene onderwerp, sodat ons veral op voeromset kon konsentreer.
In die negentigerjare is teelwaardes (EBW’s) vir die ras bepaal en ons het hierdie hulpmiddel oordeelkundig begin gebruik om spesifieke eienskappe vinniger te verbeter.
Seleksiedruk beteken ook vinniger genetiese vordering, aangesien alle diere uitgeskot word wat nie aan ons kriteria voldoen nie.
Soos enige stoetteler vir jou sal sê, is dit belangrik om die regte bulle te gebruik.
Genetiese variasie is die ander patroon in ons magasyn. Ons het oor die jare moeite gedoen om vreemde genetika in te bring en ons gebruik nou ook infusie met Bonsmara-gene om die Afrikaner-gene wat nog in die Bonsmara is, weer terug te bring. Sodoende verbreed ons die genepoel van ons stoet.
DB: Wat is julle seleksie-kriteria?
Mouton: Vrugbaarheid bly die belangrikste maatstaf vir enige produktiwiteit. Verder is groei op die veld en bemarkbaarheid vanaf die veld, baie belangrike eienskappe.
Vleisbouvorm is en was nog altyd hoog op ons lys. Dit is juis een van die eienskappe waarvoor Karstveld oor die jare bekend geword het: Harde bulle met uitstekende bespiering.
DB: Is daar nog ’n plek vir die Afrikaner-ras in kruisteelstelsels waar optimale produksie al belangriker word?
Mouton: In ’n jaar soos vanjaar is die antwooord redelik maklik. Ja, beslis. Die Afrikaner se gehardheid, aanpasbaarheid, sy uitstekende kruisvermoë met enige beesras, verseker sy plek in kruisteelstelsels.
Dit is veral die Afrikaner-kruiskoei wat baie onderskat word. Sy is baie vrugbaar, het baie melk en kan kalwers vir ‘n osstelsel sowel as speenkalwers vir voerrale produseer.
Die Afrikanerbul kan ook met groot vrymoedigheid gebruik word om osse te teel wat van die veld af bemark kan word. In die jongste navorsing wat die LNR gedoen het oor genetiese vordering van beesrasse in Suider-Afrika, het die Afrikaner van die heel beste gevorder oor die afgelope dertig jaar. Dit was veral in die koei-doeltreffendheid wat die Afrikaner die beste van alle rasse laat vorder het.
DB: Wat beskou julle as die Afrikaner se beste eienskappe, spesifiek in ons tipe produksie-omstandighede?
Mouton: Die Afrikanerbees is nie ‘n voerkraalbees nie, maar is onmisbaar in ‘n produksiestelsel wat gehalte vleis van die veld af wil produseer. Afrikanerbeeste besit ‘n dubbelgeen vir vleissagtheid en dit is oor en oor bewys dat die vleis van die smaaklikste is.
Die Afrikaner bied daarom veral die moontlikheid om die vleisgehalte van ander rasse te verbeter, en daarmee saam die vermoë om osse op die veld af te rond sonder om hulle te voer. Verder is die Afrikanerbees mak en maklik om mee te werk. Die koeie is uitstekende moeders met goeie melk.
De Wet Mouton oor sy pa se visie
My pa het oor die jare ’n duidelike visie gehad oor waarheen hy met sy stoet op pad is. Hy het soms baie teenstand gekry van medetelers wat vir onbelangrike eienskappe geteel het, maar het volgehou al is sy beeste soms uit ’n skouring gejaag omdat dit nie die regte tipe was nie.
Sy grondige kennis van die beesras en openheid vir nuwe verwikkelinge in die wetenskap van teling en die gebruik van hierdie hulpmiddels, het van Karstveld Afrikaners een van die mees suksesvolle Afrikanerkuddes gemaak.
Hy het baie moeite gedoen om by ander telers wie se beeste nie noodwendig in die mode was nie, maar wat vir die regte eienskappe geselekteer het, uit te kom en van hul genetika te gebruik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie