Moyane se dissiplinu00eare verhoor uitgestel
Moyane se dissiplinu00eare verhoor uitgestel

Moyane se dissiplinêre verhoor uitgestel

Kyle Cowen – Dit is die mees praktiese en regverdige benadering om Tom Moyane, geskorste kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), se dissiplinêre verhoor uit te stel.

Dit is gesien teen die agtergrond dat hy ’n aansoek by die konstitusionele hof ingedien het om die stappe teen hom op te skort.

Dit was adv. Azhar Bham, wat aan die stuur van Moyane se dissiplinêre verhoor staan, se bevinding Donderdag.

Moyane se regspan beskryf die uitspraak as ’n eersteronde-oorwinning in hul stryd om die dissiplinêre verhoor en die Nugent-kommissie van ondersoek as onwettig te laat verklaar.

Moyane, wat in Maart vanjaar deur pres. Cyril Ramaphosa geskors is, hou vol dat die twee prosesse nie gelyktydig kan plaasvind nie.

Hy word daarvan beskuldig dat hy kontant verkeerdelik aan Jonas Makwakwa, sy adjunk, en ongemagtigde bonusse aan bestuur van die SAID betaal het, die parlement mislei het en ’n SAID-beampte belet het om saam met die ouditfirma KPMG te werk terwyl hulle besig was met hul ondersoek oor die hoërisiko-ondersoekeenheid, oftewel die “rogue unit”.

Moyane ontken alle skuld.

Adv. Dali Mpofu het Moyane verteenwoordig en adv. Heidi Barns vir Ramaphosa.

“Onder die omstandighede, en so jammer as wat dit is om die proses te vertraag, sal dit billik, regverdig en meer prakties wees as ek die verhoor uitstel in afwagting op ’n uitspraak deur die konstitusionele hof,” sê Bham.

Bham sê sou Moyane se aansoek deur die konstitusionele hof van die hand gewys word, gaan hy streng spertye stel om die proses af te handel.

Bham sê sy ervaring is dat die konstitusionele hof die saak redelik vinnig sal hersien.

Dit sal dus baie vinniger wees om dié proses te volg as wat Moyane hom op gewone howe sou beroep.

Bham sê sou die hof wel in Moyane se guns beslis, dan het hulle hul tyd met die dissiplinêre verhoor gemors.

– Fin24, verwerk/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!