• Tuisblad
  • Sport
  • Mpitsang ‘respekteer’ AB se besluit om uit te tree
Mpitsang u2018respekteeru2019 AB se besluit om uit te tree
Mpitsang u2018respekteeru2019 AB se besluit om uit te tree

Mpitsang ‘respekteer’ AB se besluit om uit te tree

Krieket
Leighton Koopman – Victor Mpitsang, nuwe hoofkeurder van die Proteas, het nog nie met Suid-Afrika se T20-huursoldate gepraat oor hul toekomstige betrokkenheid by die nasionale span nie.
Dít, en die Proteas se voorneme om die jong Turke van Suid-Afrikaanse krieket ’n regverdige kans te gee, is die groot rede vir die afwesigheid van AB de Villiers, Chris Morris en Imran Tahir in die groep van 24 spelers wat vandeesweek aangekondig is vir die witbalreekse teen Engeland.
De Villiers, wat witwarm in die Indiese Premierliga (IPL) was, het reeds telkemale sy bereidwilligheid uitgespreek om ’n terugkeer tot die internasionale verhoog te maak. Mpitsang het egter nog nie met hom in gesprek getree nie.
“Dit sal onregverdig van my wees om nou met AB te praat,” sê Mpitsang.
“Ek weet daar is berigte in die media dat hy homself beskikbaar sal stel, maar ek moet ook sy besluit om uit te tree, respekteer. Hy het sy redes gehad.
“Ek het egter nog nie daardie gesprek met hom gehad nie. Ek is maar nog net ’n paar weke in die pos.”
De Villiers, Morris en Tahir is almal huursoldate, wat wêreldwyd in T20-ligas speel, maar nie in Suid-Afrika gekontrakteer is nie.
“Wanneer Chris Morris terug in Suid-Afrika is, sal ek kontak maak met hom. Wanneer hy terugkeer, is hy gewoonlik beskikbaar vir die Titans.
“Die een ding wat ons egter vir dié reekse gedoen het, was om spelers te kies wat deel van ons vorige groep was (voordat Covid-19 krieket in Maart gestonk het). Daar is nie baie veranderinge nie.
“Ons moet bestendig in ons spankeuses wees. Vorentoe gaan dit vir my belangrik wees om ouens ’n regverdige kans te gee.
“Nie dat ek daarmee sê die deur is toe vir ouens soos Morris en Imran Tahir nie, ons sê net dit is die ouens wat in die laaste reeks gespeel het en ons volhard nou met hulle.”
Ons moet bestendig in ons spankeuses wees. Vorentoe gaan dit vir my belangrik wees om ouens ’n regverdige kans te gee.
Tahir en Morris het verlede jaar by die Wêreldbeker-toernooi laas vir die Proteas gespeel. Dié duo, asook De Villiers, kan almal beskikbaar wees vir die T20-Wêreldbeker-toernooi, wat volgende jaar in Oktober en November in Indië beslis word.
Glenton Stuurman (28) is die enigste nuwe gesig in die Proteas-groep wat die Engelse gaan pak. Junior Dala, die Titans-snelbouler, is ook terug nadat hy verlede seisoen deur beserings platgetrek is.
Die groep sal op 17 November in Kaapstad saamtrek vir die T20-reeks wat op 27 November begin. Die eendagreeks begin op 4 Desember. Drie wedstryde word in elke formaat gespeel.
Volgens Mpitsang is hulle verlig dat daar uiteindelik weer internasionale krieket gespeel kan word, veral omdat daar so min tyd voor volgende jaar se T20-Wêreldbeker oor is.
Hy sê daar is nie veel beweegruimte om proeflopies met die T20-span te doen nie omdat hulle so gou as moontlik die regte kombinasies wil vind.
“Dit is die korttermyndoelwit wat nou belangrik is. Om die beste kombinasies te vind. Jy wil nie ná ses maande nog rondskarrel nie.
“Die reeks (teen Engeland) gee ons ’n goeie kans om die spelers te toets.
“Engeland is ’n aanvallende span en hulle is die Wêreldkampioen (in eendagkrieket).
“Dis ons eerste reeks, maar wat ’n toets gaan dit nie wees nie. En dis die beste om in druksituasies getoets te word om presies te sien waar julle as ’n span is.”
Die groep:
Quinton de Kock (k), Temba Bavuma, Junior Dala, Faf du Plessis, Bjorn Fortuin, Beuran Hendricks, Reeza Hendricks, Heinrich Klaasen, George Linde, Keshav Maharaj, Janneman Malan, David Miller, Lungi Ngidi, Anrich Nortjé, Andile Phehlukwayo, Dwaine Pretorius, Kagiso Rabada, Tabraiz Shamsi, Lutho Sipamla, JonJon Smuts, Glenton Stuurman, Pite van Biljon, Rassie van der Dussen, Kyle Verreynne.
– Netwerk14

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!