Méér Namibiërs nou ondervoed as in 2002
Ronelle Rademeyer - Die 2015-verslag van die Verenigde Nasies (VN) oor die stand van voedselonsekerheid in die wêreld, wys Namibië misluk klaaglik daarin om die stryd teen hongersnood en wanvoeding te wen.
Die getal ondervoede mense in Namibië het van 27,3% in 2002 tot 42,3% in 2014 gestyg, terwyl die wêreldsyfers wys daar is aansienlik minder ondervoede mense op die planeet as ’n dekade gelede.
Hoewel 795 miljoen mense in die wêreld steeds nie genoeg het om te eet nie, is dit 216 miljoen minder as in die tydperk van 1990 tot 1992 en 167 miljoen minder as ’n dekade gelede, wys die verslag.
Dié somber syfers skets boonop nie ’n rooskleurige prentjie oor wat in die volgende jare voorlê nie. Graanproduksie het weens die droogte skerp gedaal en die noodbemarking van groot getalle vee beteken vleisproduksie kan daal omdat boere genoodsaak gaan wees om weer hul kuddes te bou.
Verder wys weermodelle die reënvooruitsigte vir die komende seisoen lyk weens die heersende El Niño-verskynsel nie goed nie.
Namibië se swak prestasie die afgelope 12 jaar beteken boonop dat hy nie die mikpunte kon bereik wat deur die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte (MDG) gestel is nie. Meer as die helfte van lande wat hulle hiertoe verbind het, oftewel 72 uit 129, het die toets geslaag. Die MDG-moniteringstydperk het pas geëindig en die verslag meet lande se prestasie ten opsigte van die uitdaging om met hongersnood klaar te speel.
Dit is teen hierdie agtergrond dat die Nasionale Beplanningskommissie (NPC) in samewerking met die Wêreldvoedselprogram (WFP) op 10 September met ’n strategiese hersiening van die voedsel- en voedingsekuriteitsituasie in die land begin het.
Die span kundiges wat die ondersoek gaan doen, word deur adv. Bience Gawanas, voormalige ombudsvrou en Afrika-unie kommissaris vir maatskaplike welsyn, gelei.
Mnr. Andries Leevi-Hungamo, permanente sekretaris van die NPC, sê die regering hoop om hierdeur te bepaal waarom die voedselsekuriteitsituasie in die land nie slaag nie ondanks sy vasbeslotenheid om dit te verbeter.
Hy sê hopelik word die faktore wat dit kniehalter, geïdentifiseer en kan oplossings ontwikkel word. “Dit sal ons help om te bepaal watter vordering deur die bestaande beleide en programme gemaak is. Ook kan ons die leemtes identifiseer en aanbevelings formuleer oor hoe hierdie leemtes gevul en die land vinniger die doelwit van zero hongersnood kan bereik.”
Verder sal dit Namibië ook help om vir die wêreld se post-2015-agenda te beplan wat op volhoubare ontwikkelingsdoelwitte (SDG) gerig is, asook vir sy eie 5de Nasionale Ontwikkelingsplan (NDP5) wat binnekort opgestel word, sê hy.
Goeie weidingsbestuur nodiger as ooit
Intussen het landbou-, weiding- en bewaringskundiges, asook boere en regeringslui tydens die Namibiese Weidingsforum se onlangse konferensie na maniere gekyk waarop hulpbronne midde klimaatverandering en onseker weerstoestande beter bestuur kan word. Indien dit nie gedoen word nie, sal boere nie hul produksie volhoubaar kan verbeter nie.
Dr. Hugh Pringle, ’n bewaringkundige en ekostelselkenner verbonde aan die projek Ecosystem Management Understanding (EMU) in Australië, sê hoe laer die reënval is, hoe moeiliker is dit om ’n goeie boer te wees. Hy het in sy voorlesing voorbeelde gewys van hoe Australiese boere te midde van klimaatverandering steeds daarin slaag om “reëndruppels in dollars om te skakel”.
Hy het by dié konferensie wat vanaf 15 tot 17 September op Otjiwarongo gehou is, gesê “ware, transformerende aanpassing” in die wyses waarop boere hul weiveld bestuur, is die enigste antwoord vir volhoubare produksie en boere se finansiële oorlewing.
Mnr. Mecki Schneider, voorsitter van die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO), het op sy beurt gesê baie min boere in Namibië het werklik ’n besef van hoe weiveld in die land behoort te lyk. “Wat ons vandag sien wanneer ons van Windhoek af in ’n noordelike rigting ry, is ver verwyder van hoe die landskap ’n eeu gelede gelyk het,” sê hy.
Hy het benadruk die enigste manier waarop produsente die bestokking op hul plase volhoubaar kan verhoog, is deur bosindringing doelgerig en stelselmatig te bekamp.
Hy het egter in dieselfde asem gesê die enigste rede waarom so min boere dit reeds doen, is omdat hulle dit nie kan bekostig nie en meen regeringshulp is hiermee nodig.
Verder moet boere deur goeie weiveldbestuur weer meerjarige grasse vestig en só omsien na die toestand van die bogrond dat erosie verminder.
Laastens meen Schneider sy medeprodusente moet hulle toespits op presisie-boerdery en weet wat met hul boerdery aangaan deur die data te bestudeer.
Hulle moet ook vee op grond van hul netto-voerinname selekteer sodat hulle kuddes het wat met minder voer steeds goed kan produseer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie