Méér Namibiërs sit op straat
Vars amptelike statistiek toon Namibiërs is ekonomies in die intensiewesorgeenheid.
Jo-Maré Duddy – Bykans sewe uit elke tien mense wat onlangs aan ‘n opname van die Namibië Statistiekagentskap (NSA) deelgeneem het, was werkloos nog vóór die derde Covid-19-golf die land getref het.
Meer as 45% van dié respondente in landelike en stedelike gebiede is hul werk kwyt weens besighede wat sedert die middel van Maart vanjaar vanweë die regering se Covid-19-beperkingsmaatreëls in duie gestort het. Nóg sowat 18% is by lopende besighede in stedelike gebiede afgelê, terwyl dieselfde lot 12% in die landelike gebiede getref het.
Die NSA het gister die bevindinge in ‘n verslag, “Covid-19 Household and Job Tracker Survey”, vrygestel. In totaal het 3 593 huishoudings – meer as die helfte van die geteikende groep – aan dié landswye opname deelgeneem wat van 14 Maart tot 13 April vanjaar gedoen is.
Die NSA het 10 765 mense van 15 jaar en ouer gevra of hulle tydens die sewe dae vóór die opname enigsins ekonomies aktief was. Net 3 408 of 31,7% het gewerk.
Mans in die landelike gebiede was effe beter daaraan toe as dié in stedelike gebiede, waar net 49% in die voorfagaande sewe dae werk gehad het. Sowat 48,7% van vroue in landelike gebiede was werksaam.
INKOMSTE
Die opname beklemtoon die impak van die voortslepende resessie in Namibië en dui duidelik dat die skuld vir die land se ekonomiese penarie nie net op Covid-19 gepak kan word nie. Uit die 7 360 respondente wat gevra is of hulle voor die uitbreking van Covid-19 in Maart 2020 werk gehad het, het net 11,3% ja geantwoord.
Sowat 54% van huishoudings wat by die opname ingesluit is, se vernaamste inkomstebron in die 12 maande vóór Maart 2021 was salarisse en lone van werkende lede. Ongeveer 65% van huishoudings wat op familiebesighede (nie plase nie) steun, se inkomste het sedert die middel van Maart 2020 geval.
Die NSA het ook die voedselsekuriteit van huishoudings in die maand vóór die opname ondersoek.
Sowat 60% van huishoudings was bekommerd oor of hulle genoeg kos sou hê. Bykans 61% kon net sekere soorte voedsel bekostig en amper 60% sê hulle kon nie gesonde en voedsame kos koop nie. Sowat 36% van huishoudings moes vir ‘n hele dag sonder kos klaarkom.
Huishoudings is gevra watter skokke hulle die swaarste sedert die uitbreking van die pandemie getref het. Die meeste – sowat 59% - meen die styging in die vernaamste kospryse was die ergste. Werkverliese is deur 29,4% as die grootste skok beskryf.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie