• Tuisblad
  • Sake
  • Mr Price kry grimering, loer na verkrygings in SA
Mr Price kry grimering, loer na verkrygings in SA
Mr Price kry grimering, loer na verkrygings in SA

Mr Price kry grimering, loer na verkrygings in SA

Die groep van sy beleggings in sekere Afrika-lande.
Nellie Brand-Jonker – Die Mr Price-groep het nie tans enige planne om oorsee uit te brei of na verkrygings daar te kyk nie, maar stel wel plaaslik in transaksies belang.

Mark Blair, wat sedert begin vanjaar die groep se uitvoerende hoof is, het Donderdag met die aanbieding van die resultate vir die halfjaar tot einde September in Durban gesê plaaslike verkrygings sal oorweeg word, veral as ’n nuwe teikenmark bereik kan word en solank verkope nie van Mr Price-winkels weggeneem word nie.

Die Mr Price-groep se kontant uit bedrywighede het in die halfjaar met R2,3 miljard gestyg en hy het die halfjaar met R4,1 miljard kontant afgesluit.

Blair sê die groep sal ook eerder in nuwe produkkategorieë belê, soos die grimering wat hy tans in sy klerewinkels begin verkoop.

Sy eie handelsnaam, Scarlet Hill, is Donderdag aan beleggers gewys in sy nuwe winkel in die Gateway-winkelsentrum in Durban. Dit gaan vir eers in 40 winkels getoets word.

Volgens Blair gaan Mr Price Apparel (MRP) aanstaande jaar nog twee produkkategorieë bekend stel, maar hy het nie uitgewei oor wat dit gaan wees nie.

Terselfdertyd heroorweeg die groep van sy beleggings in sekere Afrika-lande. Sy bedrywighede in Pole gaan in Desember gestaak word.

“Die groep het gekies om op gebiede van groot potensiaal te konsentreer en het Australië gevolglik reeds verlaat,” lui sy verklaring oor sy halfjaarresultate.

Geld terugploeg

Blair het ten opsigte van beleggingsgeleenthede gesê die groep moet weer geld in die Mr Price-handelsnaam ploeg. Van die beleggings sal ook fokus op die verbetering van produkgehalte ten opsigte van materiaal, die snit van klere en groottes ná negatiewe terugvoering van klante hieroor.

Die opsie van bêrekoop gaan ook getoets word omdat ander klerewinkels daarmee begin het.

Die groep gaan ook belê in hulpbronbeplanningstelsels, masjienleer-vermoëns en voorspellende ontledings.

Werk word ook aan sy voorraadketting en aankope gedoen.

Verkope buite Suid-Afrika dra 7,9% van die totale verkope by. Die groep het 127 winkels buite die land.

Vergeleke met verlede jaar se groei van 11% in die ooreenstemmende tyd het verkope met 2,2% gedaal.

Mark Stirton, finansiële hoof, sê die swak presterende lande in Afrika wat nie ’n wesenlike bydrae lewer nie, word hersien ten einde ’n besluit oor hul toekoms te neem.

Namibië en Botswana dra steeds die meeste van die verkope in Afrika by. In Namibië het verkope egter met 8,5% gedaal weens die swak ekonomiese toestande en die droogte. Verkope in Botswana het met 5% gestyg.

Die 12 winkels in Kenia wat in 2018 gekoop is, dra nou 10% by tot verkope in die res van Afrika en verkope hier het met 42% gestyg. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!