Mr Price se prys hou aan uitrafel
Mr Price se prys hou aan uitrafel

Mr Price se prys hou aan uitrafel

Groep waarsku oor wins
Jo-Mare Duddy Booysen
Nellie Brand-Jonker - Die winkelgroep Mr Price se aandeelprys het verlede week skerp geval en ander kleinhandelfirmas s’n ook afgerem.
Dít kom nadat Mr Price Woensdag oor sy wins gewaarsku het ná swak verkope van winterklere omdat dit ’n baie warm winter was.
Sy aandeelprys het in terme van die waarde van wat Donderdag verhandel is, die grootste val getoon, toon inligting van Sharenet.
Sy aandeelprys het Woensdag met amper 16% geval en Donderdag met nóg amper 9%.
Dit het oor die twee dae met R51 van R219,50 tot R168,50 geval, ’n totale daling van meer as 23%.
Die nuus was ook baie negatief vir ander winkelgroepe.
Van die grootste bedrae aandele wat verkoop is, is Shoprite en Woolworths. Shoprite se aandeelprys het met 2% gedaal nadat dit Woensdag met amper 3% gedaal het. Woolworths s’n het met 1,4% gedaal nadat dit die vorige dag met meer as 2% gedaal het.
Investec het in ’n kommentaar gesê die handelsoorsig van Mr Price vir die eerste weke van April af in sy nuwe boekjaar het verwagtinge “massief gemis”. Die bank het 11% verwag, teenoor die 1% wat die winkelgroep aangemeld het.
Dit is ook teleurstellend dat die winkelgroep gesê het sy winsgroei vir die eerste helfte gaan negatief wees – winsmarges gaan krimp omdat hy groter afslag sal moet aanbied om van sy wintersklere ontslae te raak.
Die bank glo dit is onwaarskynlik dat Mr Price die verwagte winsgroei vir die voljaar gaan haal.
Die kommentaar van die bestuur oor die impak van die swak rand en die grondliggende verskuiwing van verbruikersbesteding is as negatief vir ander winkelgroepe beskou.
Truworths het met amper 2% gedaal.
Van die ander groot dalings het ingesluit Steinhoff ,wat ook Woensdag gewaarsku het oor die impak wat Brexit (die referendum waarin die Britte besluit het om die Europese Unie te verlaat) op die wins van sy ondernemings in Brittanje gaan hê.
Sy aandeelprys het Woensdag met amper 6% gedaal en Donderdag weer met amper 3%.
Die hele mark is af­getrek deur kleinhandelaars se swak vertoning asook banke wat gedaal het.
Die indeks van algemene kleinhandelaars het met 2,7% gedaal.
Die bankindeks het met amper 2% gedaal.
FirstRand het die grootste daling in waarde van 1,4% getoon, terwyl Standard Bank 2% gedaal het. Barclays Africa het amper 4% gedaal.
Ook versekeraars is laer nadat Santam se resultate en MMI se handelsoorsig die vorige dag teleurgestel het. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!