Mu00e9u00e9r u2018reu00ebnpretu2019 vir Namibiu00eb
Mu00e9u00e9r u2018reu00ebnpretu2019 vir Namibiu00eb

Méér ‘reënpret’ vir Namibië

Reëntoestande sal na verwagting weer vanaf Maandag versterk en wydverspreid voorkom.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh

Terwyl wydverspreide donderbuie vandag slegs oor die Erongo- en Kunenestreek verwag word, juig Namibiërs oor die afgelope paar dae se wydverspreide neerslae.

Boonop meen LandWater dat die “reënpret” vir die res van die week sal voortduur, met sterker toestande wat Maandag, Dinsdag en Woensdag volgende week sal voorkom.

“Volgende week mag die swaarste reënweek met moontlik die wydste dekking sover vir hierdie reënseisoen wees. Die noordooste is net ietwat meer uitdagend,” het LandWater gister aan Republikein gesê.

Landwater is ’n nieregeringsorganisasie wat satellietfoto's wetenskaplik ontleed en interpreteer.

LandWater wys na “wydverspreide, groot reënpret in Namibië” oor die komende dae.

“As die reën nog nie vandag by ‘jou plek’ uitkom nie, is daar goeie kanse vir ‘later’, met selfs kanse vir die diep suidweste, wat maar altyd ietwat versigtiger met verwagtinge moet wees,” is gesê.

REËNSYFERS

Intussen het die Namibiese weerkantoor altesaam 81,5 mm reën gisteroggend om 08:00 op Halali in die Etosha Nasionale Park gemeet, terwyl Namutoni 41,5 mm reën ontvang het.

Reënmeters het gisteroggend op Khorixas op 77,5 mm gestaan, terwyl dit terselfdertyd 40 mm op Otavi, 37,8 mm op Outjo en 37,6 mm op Oshikango gemeet het, dui die amptelike reënbulletin aan.

Verder is 34,4 mm op die plaas Mopanie Pos, 28 mm op Omateva en 27,9 op Eenhana gemeet. Op Grootfontein se lughawe het dit 24,8 mm gereën, op Oshakati 23,2 mm en by Hohenfelde 21 mm.

By die Internasionale Lughawe Hosea Kutako het dit 20,6 mm gereën, op Okahandja 19,8 mm en 14 mm by die weerkantoor se hoofkantoor in Windhoek. Op Rehoboth is 13,4 mm gemeet, op Okongo 11,4 mm en by die King Kauluma Village 10 mm.

TROPIESE STELSELS

Die matige tropiese storm Dumako, wat na verwagting Madagaskar gister sou bereik het, sal glo deur ’n stelsel opgevolg word wat potensieel gevaarlik vir veral Suid-Afrika kan wees. LandWater verduidelik dat die stelsel, binne die regte toestande, verwoestend kan wees. “Dit sal ’n tropiese sikloon word wat ongerieflik naby aan Mauritius en Réunion sal kom, terwyl dit waarskynlik vir Madagaskar gaan bedreig.”

Die organisasie het die naam Fezile vir die stelsel voorgestel.

Volgens LandWater kan dit ’n bedreiging inhou, sou die “brug” tussen die Suid-Atlantiese hoogdrukstelsel en die Suid-Indiese hoogdrukstelsel op seevlak rondom 25 Februarie versterk.

“As die die bolug-hoogdrukdeksel dan oor Suid-Afrika wig, het ons ernstige probleme,” is verduidelik.

Die stelsel mag dalk ook die suidelike ontsnaproete neem.

’N VOLWASSE LA NIÑA

Die Australiese Buro vir Meteorologie het intussen gister in sy jongste Enso-uitkykstatus gesê die La Niña-weerstelsel het intussen sy piek bereik, maar sy invloed oor die weer sal minstens tot in die middel van herfs voortduur.

La Niña-weerstelsels word vereenselwig met natter toestande oor Suider-Afrika.

Die buro meen ’n neutrale El Niño- Suidelike Ossillasieklimaatspatroon sal dan weer posvat, wat beteken nóg ’n La Niña, nóg ’n El Niño sal vanaf herfs heers.

Die atmosferiese en oseaniese aanwysers handhaaf steeds La Niña-vlakke, maar dit het waarskynlik ook sy piek bereik.

“Terwyl die seeoppervlak in die oostelike tropiese Stille Oseaan koeler as normaal is, is water onder die oppervlak van die sentrale en oostelike Stille Oseaan weer besig om warmer te raak.

“Die verandering in die water se temperatuur onder die oppervlak voorspel dikwels ’n onderbreking van La Niña-weerstoestande.”

Daarbenewens is die Indiese Oseaan-dipool (IOD) ook tans neutraal. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad | Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe SerieA: Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Norwich City 4 vs 1 Watford | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Norwich City 4 vs 1 Watford | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Stoke City 1 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 22° | 37° Eenhana: 18° | 38° Oshakati: 18° | 37° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 15° | 33° Omaruru: 15° | 35° Windhoek: 15° | 31° Gobabis: 12° | 32° Henties Bay: 11° | 21° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 07:11, High tide: 13:35, Low Tide: 19:41, High tide: 01:54 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:33, Low Tide: 19:39, High tide: 01:52 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:32, Low Tide: 19:39, High tide: 01:51 Rehoboth: 11° | 32° Mariental: 12° | 34° Keetmanshoop: 11° | 31° Aranos: 11° | 33° Lüderitz: 13° | 21° Ariamsvlei: 10° | 30° Oranjemund: 14° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 8° | 12° Maseru: 4° | 17° Antananarivo: 11° | 32° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 14° | 22° Windhoek: 15° | 31° Cape Town: 11° | 24° Durban: 13° | 18° Johannesburg: 6° | 19° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.24/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067 Sport results: Rugby Championship: Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad | Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe SerieA: Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Norwich City 4 vs 1 Watford | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Norwich City 4 vs 1 Watford | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Stoke City 1 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 22° | 37° Eenhana: 18° | 38° Oshakati: 18° | 37° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 15° | 33° Omaruru: 15° | 35° Windhoek: 15° | 31° Gobabis: 12° | 32° Henties Bay: 11° | 21° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 07:11, High tide: 13:35, Low Tide: 19:41, High tide: 01:54 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:33, Low Tide: 19:39, High tide: 01:52 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:32, Low Tide: 19:39, High tide: 01:51 Rehoboth: 11° | 32° Mariental: 12° | 34° Keetmanshoop: 11° | 31° Aranos: 11° | 33° Lüderitz: 13° | 21° Ariamsvlei: 10° | 30° Oranjemund: 14° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 8° | 12° Maseru: 4° | 17° Antananarivo: 11° | 32° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 14° | 22° Windhoek: 15° | 31° Cape Town: 11° | 24° Durban: 13° | 18° Johannesburg: 6° | 19° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.24/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067