Môre is alles op Swakopmund net vir ’n bietjie pret
Des Erasmus - Op ’n triesterige winterse Saterdagoggend in die Windhoek van lank gelede het ’n belewenis ’n prentjie gevorm wat tyd nie kon uitwis nie.
Dit was Talstraat hier neffentjies die SKW van doerie jare. Dit was sommer so ’n langbeensit op sy sitvlak op die sypaadjie deur ’n ou in seerowersdrag. ’n Swart oogklappie het slordig aan ’n toutjie oor sy een skouer gehang en sy opgeklapte seerowershoed is in ’n kussing plat teen ’n randsteen gedruk. En sy aansit was ’n vuurtjie van blare, stukkies papier en karton en verdwaalde takkies wat sy weg met dubbele spore gekruis het. Net ’n bietjie vlam teen die koue.
’n Afleiding was maklik. Hy's net een van die reste van die vorige aand se maskerbal. Dit word onderskraag deur ’n liedjie in sy stottersang.
Een herinnering lei tot ’n volgende uit ’n karnavalweek van lank gelede. In die destydse koerantkommune was ’n woonstelblok en ’n maatskappyhuis met ’n groot erf en ’n onderdakskuur vir papierrolle naby die plek waar die swaar ratte van die drukkersbedryf vinnig draai. Soos die grootmense het dit die spriete van die bedryf saamgebondel. Wat speel nou lekkerder wegkruipertjie as stapels koerantpapier in rolvorm?
Ná sluitingstyd van die skooldag en uitspantyd by bewaarplekke vir kleuters is daar ’n bewende “happening” op die groot speelplek.
Dit was nog die jare van die sinkasdromme op elke werf. Onthou mos nog die goed se bodems was vol gate sodat dit nie deur die stokers van brousels vir allerlei onwettige dranke gebruik kon word nie. Elke drom het ’n bypassende kopstuk. ’n Deksel het elkeen van die kleingoed in die hande gekry. Nou vorm hulle ’n opmars in ’n gelid wat aan dié van die tamboernooiens herinner, slaan die deksels teen mekaar en skreeu-gil: Wika! Wika! Wika!
Immergroen goed soos die ou wat op Nuwejaarsdag hier vroegoggend in ’n “tuxedo”, ’n informele aandpak, by die petrolpompe gekry is. En terwyl joggies skink sodat sy vuurwa gestook kan word, sing hy ’n liedjie: “I am on my way to Walvis Bay!”
Alles vir die pret, hoewel vrae van sekere behoudende instansies opgaan.
Ry juis Woensdagoggend deur ’n besige Swakopmundse straat werk toe. Op die roete wapper ’n Duitse vlag rustig in ’n oosbriesie. Wil iets sê toe is daar nog een. ’n Medepassasier sê dis sokker, bedoelende Duitsland speel in die een of ander groot wedstryd en kry hier uit die vreemde morele ondersteuning van diegene vir wie dit eens die heimat was. Sonder om te stry, is die teëpraat dat ek gemeen het dit is die karnavalseisoen, dis Küska.
Juis Küska, noemnaam van die Swakopmundse karnaval, se tema is vanjaar gefokus op ’n bietjie pret.
Het mos juis ’n appeltjie, of is dit ’n pampoen, te skil met die heersende vorstepaar vir die week, Prins Lomi en Prinses Bonnie. Sedert laas Vrydag is hulle die sleutelhouers van die “stad Swakopmund”. Maar tot op hierdie hede het hulle nog niks gedoen aan die vakansieoord se teisteringe soos die boemelaars en bedelaars in die middedorp nie, het hulle nog nie ’n enkele stukkie hoflikheid by die middedorp se taxibestuurders ingebeitel nie en word onskuldige toeriste steeds hier teenoor die kaai aangeval in ’n gebied waar daar eens ’n strandmoord was.
Nou voorspel die weerprofete oosweer vir môre en Sondag. Dis glo gewoonlik soos altyd in die voormiddae met die Küska-optog deur die hoofstraat wat om 11:11 begin. Wag nou! Die voorspelling is dat net ’n effense windjie gaan waai. Sou wel kon doen met ’n sterker briesie wat die hoogskoppende nooientjies se rokkies so effens sou laat wip.
Maar alles net vir ’n bietjie pret.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie