Môreson kyk deur ’n nuwe bril

Maria Eiseb
Die Craton Stigting, Tobich Optics en die Lions Club het aan die leerlinge van Môreson Skool in die hoofstad leesbrille ter waarde van sowat N$20 000 geskenk.

Sowat 140 leerlinge van die skool het ook sonbrille ter waarde van N$10 000 van Lions Club ontvang.

Die voorsitter van Craton se raad, mnr. Kobus Van Graan, het gesê hoewel dit ’n klein skenking is, is hulle bly om te kan bydra en die regering te help.

Die regering kan kwesbares nie alleen help nie, het hy bygevoeg.

Van Graan het belanghebbers gevra om skenkings aan weerloses te maak sodat hulle ’n beter perspektief op die lewe kan kry.

“As jy iets vir iemand gee, kry jy seëninge van bo,“ het hy gesê.

Die kringinspekteur van onderwys vir die Khomasstreek, mnr. Milton Ya Otto, het tydens die oorhandiging vertel hoe hy in graad 2 baie siek geword het weens hooikoors. Hy is hospitaal toe geneem en die dokter het voorgeskryf dat hy ’n bril dra, maar sy ma kon dit nie bekostig nie.

Iemand het ’n bril aan hom geskenk, wat hy wens hy tot vandag toe bewaar het.

Ya Otto het sy dank teenoor die skenkermaatskappye uitgespreek.

“Moenie dink ons ag dit gering nie. Julle help die kleintjies om beter te kan sien,“ het hy gesê.

Volgens hom neem Môreson se onderwysers hul werk ter harte, en doen hulle dinge op ’n baie spesiale manier.

Me. Anita Kreft, die skool se hoof, het ook die skenkermaatskappye bedank.

Tobich Optics het oogtoetse op die kinders laat doen, en die Craton Stigting en die Lions Club het vir die brille betaal, het me. Lizelle Rousseau van Tobich Optics gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!