Mrs J maak ’n Windhoekse draai
Binnekort besoek die bekende Theresa Sedras, beter bekend as Mrs J van Suidooster, die land van die dapperes.
Gospel Care Ministry bied in Augustus ’n galadinee met dié bekende akteur as gasspreker aan.
Volgens Danny Saal, senior pastoor en stigter van Gospel Care Ministry, word dié geleentheid gehou om geld vir hul uitreikaksie in te samel.
Hy sê Gospel Care Ministry is in 2012 gestig met ’n duidelike opdrag van God gebaseer op Markus 6:37: “Gee julle vir hulle iets om te eet.”
Vir die afgelope sewe jaar probeer dié organisasie presies dit doen.
Hulle reik uit na plekke oraloor Namibië om die Woord te verkondig en niebederfbare kos aan behoeftiges uit te deel.
“Met bystand van Bo en enkele skenkers kon ons deur emmers kos uit te deel in die behoeftes van ongeveer 4 200 mense voorsien,” sê hy.
Om met hierdie projek te kan voortgaan, is fondse nodig, derhalwe die galadinee.
“Die aand beloof om ’n glansryke geleentheid te wees met Theresa wat haar passie vir behoeftiges met ons kom deel onder die tema ‘Loving thy neighbour’,” sê Saal.
Gasspreker
Theresa sê: “Dit het my meer as drie dekades geneem om my droom uit te leef om ’n akteur te wees en nou, op die ouderdom van 65, begin die lewe eers opwindend raak.”
Sy voeg by sy wou nog altyd ’n rol op die kassie speel wat haar uitdaag, opgewonde maak en laat groei.
Voor Mrs J oor haar pad gekom het, het Sedras vrede daarmee gemaak dat sy dalk nooit in ’n groot sepie sou speel nie, maar dat dit juis in dié stadium van haar lewe gebeur het, is vir haar spesiaal.
“Dit het my laat besef daar is wel ’n behoefte aan akteurs van my ouderdom en dat ek nog ’n lang en interessante loopbaan kan hê,” sê sy.
Dit het haar ook gewys jy moet nooit in jou drome ophou glo nie.
Terwyl sy nie seker is wat die toekoms inhou nie, is sy bly sy kan haar passie elke dag uitleef en mense in die proses raak.
“Ek is vreeslik opgewonde oor my voorgenome besoek aan Namibië omdat dit so met my passie vir my medemens strook,” sê sy.
Kaartjies vir die galadinee kos N$300 per persoon en is by El-Gibbor Unisex-haarsalon in Maerua Mall en by Beukes Spar in Khomasdal beskikbaar.
Die geleentheid vind op 31 Augustus in Windhoek Hoërskool se skoolsaal plaas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie