MTBR 2019: Waaroor gaan Tito praat?
Daar word wyd geglo die nasionale tesourie sal nie sy teikens met belastinginvordering haal nie.
Francois Williams – Tito Mboweni sal die mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) gebruik om meer oor sy ekonomiese stimulusplan uit te wei, voorspel Mike Teuchert, belastinghoof van die ouditgroep Mazars.
Hopelik sal Mboweni ’n duidelike en praktiese strategie uitstippel oor hoe om ekonomiese groei oor die volgende maande moontlik te maak.
Hy mag dalk selfs van die moontlike besluite vooruitloop wat die ANC se nasionale uitvoerende komitee later vanjaar sal neem, verwag Teuchert.
Skuldvlakke
Mboweni sal ook die jongste syfers gee oor die staat se skuldvlakke.
“Mense sal gretig wees om te weet waar ons staan wat betref ons skuld-tot-BBP-verhouding, hoe dit kan verander en die waarskynlike impak van laer as begrote belastinginvordering – sal dit lei tot verdere lenings of sal dit op ’n ander manier gefinansier word?”
Dit word reeds wyd geglo dat die nasionale tesourie nie sy teikens met belastinginvordering sal haal nie, sê Teuchert.
“Die vraag is dan, as die teikens misgeloop word, wat gaan meegee – gaan ons minder besteding sien of meer lenings?”
Teuchert verwag die komende veranderings aan hoe Suid-Afrikaanse werkers in die buiteland belas gaan word, kan ’n negatiewe omgewing skep en tot groter emigrasie van veral rykes lei.
Hy is egter positief oor wat Edward Kieswetter, nuwe kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), beplan, soos ’n opdatering van e-Filing wat dit vir belastingbetalers makliker maak om hul verpligtinge na te kom.
Dit kan help om belastinginvordering in die toekoms te verbeter.
Staatsondernemings
Die tesourie sal ook die beroerde toestand van staatsondernemings moet aanpak. Teuchert verwag dit sal aansluit by Mboweni se ekonomiese groeiplan, waarin gegis word dat van die staatsondernemings wat nie presteer nie of wat nie meer in die groter strategie van die land inpas nie, verkoop kan word.
“Dis dalk meer ’n politieke gesprek as ’n finansiële een, maar ons hoop om ’n beter prentjie te kry van wat ons kan verwag.”
Nasionale gesondheidsversekering
Teuchert hoop ook daar kom nuwe nuus oor nasionale gesondheidsversekering.
“Ons wil spesifiek meer besonderhede kry oor hoe die tesourie beplan om so ’n ambisieuse projek te finansier. ’n Volledige opdatering hieroor kom dalk eers met die hoofbegroting in Februarie volgende jaar, maar ons hoop om ten minste ’n aanduiding te kry van die rigting wat dié finansiering sal inslaan.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie