MTC Knockout baat haweloses
MTC Knockout baat haweloses

MTC Knockout baat haweloses

Verskeie kunstenaars op reddingspad
Andrew Poolman
Die MTC Knockout Project trek vanjaar ’n nuwe baadjie aan – anders as verlede jaar se bekendstelling waarin vertoongevegte tussen bekendes in die bokskryt aangebied is in ’n bewusmakingsveldtog om geslagsgeweld teen vroue te bekamp.

Mnr. Tim Ekandjo, MTC se hoof van menslike kapitaal en korporatiewe sake het by die Nasionale Teater van Namibië gesê die MTC Knockout Project sal vanjaar geld insamel om die haweloses van Windhoek te help.

In ’n nuusverklaring verklaar MTC die Tema van die Knockout Project as “Together we can beat homelessness”.

Die projek sal 30 bekende Namibiese persoonlikhede saamvoeg wat twee-twee deel sal wees van ’n musiekkonsert wat op 3 Oktober by die Nasionale Teater in die hoofstad gehou word.

Die idee van die konsert is om die gespesifiseerde Namibiese persoonlikhede van verskillende agtergronde met welbekende musiekkunstenaars te kombineer. Die persoonlikhede sal vir drie maande afgerig word.

Ekandjo sê: “Die ondenkbare sal van die persoonlikhede verwag word, hulle sal musiek kunstenaars wat twee trefferliedjies het, tot hul beskikking het, ’n ateljee, choreograaf, stemafrigter, live band, professionele dansers en ’n produksieleier...”

Die verskillende paartjies is soos volg:

• Vaughn Ahrens (NAMA-wenner vir Beste Afrikaans kategorie 2019) saam met die persoonlikheid Merja Ileka (redakteur van Informanté, voorsitter van die moderaad van Namibië, bekroonde fotograaf en aktivis in die Me Too Movement)

• Ethnix (hip hop en R&B paartjie) saam met NSK (radio-omroeper, Akteur, danser en choreograaf) en Anne Hambuda (digter, openbare spreker, mediapersoonlikheid en leefstylskrywer vir The Weekender)

• Maranatha (gospelsanger, NAMA-wenner, stemafrigter en skakelbeampte) saam met dr. Esperance Luvindao (mediese dokter, spreker en digter)

• DJ Vuyo (reggae- en kwaito-kunstenaar van Makanga en Lizuali in die Zambezistreek) saam met Neville Basson (komediant)

• PDK (musiekgroep) saam met dr. Licky Erastus (uitvoerende hoof van MTC en filantroop) en Melvin Angula (korporatiewe hoofbeampte van MTC) en Tim Ekandjo.

Volgens Ekandjo is die teiken van vanjaar se Knockout Project om N$1 miljoen in te samel. Korporatiewe maatskappye en individue word aangemoedig om ’n minimum van N$50 000 in die paartjies te belê om hul handelsmerk tydens die veldtog te bevorder. As al die 30 persoonlikhede geborg word, kan ’n potensiële bedrag van N$1.5 miljoen vir haweloses ingesamel word.

Die konsert sal regstreeks aanlyn gekyk kan word teen ’n bedrag van N$50. Dié wat verkies om die konsert by die teater by te woon, kan ’n kaartjie teen N$500 bekom. Die kaartjies sal teen einde vandeesmaand beskikbaar wees.

Kommentaar

Republikein 2025-01-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 33° Oshakati: 23° | 32° Ruacana: 20° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 23° | 31° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 18° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 24° | 35° Mariental: 26° | 39° Keetmanshoop: 25° | 40° Aranos: 26° | 39° Lüderitz: 19° | 31° Ariamsvlei: 25° | 40° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 24° | 37° Lubumbashi: 15° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 18° | 23° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 23° | 31° Cape Town: 20° | 28° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 32° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 17° | 27° Harare: 16° | 28° #REF! #REF!