MTC kry groen lig vir notering
Die Namibiese telekommunikasieverskaffer noteer einde November op die Namibiese aandelebeurs.
Augetto Graig
Namibië se telekommunikasiediensverskaffer, MTC, se aansoek om op die Namibiese aandelebeurs (NSX) te noteer, is goedgekeur.
Dié staatsonderneming het op 19 Augustus sy prospektus by die registrateur van maatskappye geregistreer, ter voorbereiding vir die verwagte grootste notering sedert die totstandkoming van die NSX.
MTC wil 49% van sy gewone aandele aan die publiek beskikbaar stel, met die moedermaatskappy Namibia Post and Telecommunications Holdings (NPTH), wat die oorblywende 51% sal behou.
Die proses skop op 20 September af en MTC verwag om teen die einde van November genoteer te wees ná die aansoekperiode vir aandele op 1 November ten einde loop.
Volgens die maatskappy sal MTC se kliënte, werknemers, belanghebbers en die publiek nou die geleentheid kry om ’n deel van MTC te besit.
MTC sê voorkeur sal aan voorheen benadeelde Namibiërs gegee word, gevolg deur MTC-werknemers en kliënte, Namibiërs en Namibiese ondernemings en instansies, en daarna die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) en internasionale beleggers. Volledige besonderhede sal in die prospektus uiteengesit word, sê MTC.
Aansoekvorms om aandele te koop, sal van 09:00 op 20 September op MTC se webwerf beskikbaar wees; by enige van sy winkels; sekere Nampost-kantore; of deur ’n aandelemakelaar. Die prospektus sal ook op die webwerf beskikbaar gestel word.
MTC se hoof van menslike hulpbronne en korporatiewe aangeleenthede, mnr. Tim Ekandjo, sê opgeleide personeel sal by MTC se kantore en by sekere Nampost-kantore ontplooi word om die aansoekproses te vergemaklik.
“’n Spesiale tolvrye nommer 90112 is geskep om ons kliënte en die publiek met vrae oor die aansoekproses vanaf 20 September 2021 te help,’ sê hy.
Volgens sy 2020-jaarverslag spog MTC met 91% van die selfoonmark in Namibië, en het 97% van die bevolking reeds toegang tot MTC-selfoondekking met die doelwit om 100% teen 2023 te bereik.
MTC het meer as N$2,68 miljard in 2020 gegenereer en het N$1,39 miljard uit verdienste voor rente, belasting, depresiasie en amortisasie (ebitda) aangeteken.
Dividende het verlede jaar merkwaardig gegroei teen N$978 miljoen in vergelyking met N$413 miljoen die vorige jaar.
Die 2020-jaarverslag voldoen reeds aan die Namcode- korporatiewe bestuurskode vir Namibië, wat ’n vereiste van die NSX is.
Met sy notering op die aandelebeurs sal MTC aan maatreëls en voortdurende deursigtigheidspraktyke moet voldoen, wat wêreldwyd op openbare maatskappye van toepassing is.
Die notering hou ook gevolge vir NPTH in wat die regering beplan om te ontbondel. NPTH besit Telecom Namibia en Nampost. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie