MTC suksesvol in spektrumveiling
MTC suksesvol in spektrumveiling

MTC suksesvol in spektrumveiling

Tegnologie
Tanja Bause
MTC Namibia is die suksesvolle bieër van die radiofrekwensie spektrumveiling vir 885-890 MHz en 930-935 MHz wat deur die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie in Namibië (Cran) aangebied is.

Die spektrumwaarde was N$1 miljoen per jaar, vir ’n periode van tien jaar

Volgens me. Emilia Nghikembua, uitvoerende hoof van Cran, is verpligtinge aan die Spectrum-lisensie verbonde om die ontplooiing van breëbandinternetdienste na skole te verseker.

“Cran het in samewerking met die ministerie van onderwys, kuns en kultuur 25 skole in afgeleë landelike gebiede geïdentifiseer. Die skole het geen internettoegang nie, óf net 2G mobiele dienste en MTC moet hulle nou met breëbanddienste voorsien volgens die uitrolvoorwaardes. Die skole is in Kavango-Oos en -Wes, Kunene, ||Kharas, Hardap, Erongo en Omaheke geleë,” het sy gesê.

“Die lisensie sal die opeenhoping in stedelike gebiede verbeter, wat veroorsaak word deur die toename in netwerkbenutting wat met die Covid-19-pandemie gepaard gaan.

“Die toekenning is vir die verskaffing van breëbanddienste met ’n minimum data-spoed van nie minder nie as 2 MB per sekonde, onderhewig aan die uitrolverpligtinge wat as lisensievoorwaardes opgelê word.

“Hierdie spektrumlisensie sal gebruik word om die regering se beleidsdoelwitte te bevorder wat in die nasionale breëbandbeleid uiteengesit word, wat bepaal dat 80% van skole teen 2020/2021 van breëbandinfrastruktuur en -dienste voorsien moet wees, en 95% teen 2021/2022.

“Hierdie toekenning is ook in ooreenstemming met die doelwitte van die Harambee Prosperity Plan II, wat vereis dat infrastruktuur vir inligting- en kommunikasietegnologie (IKT) geïmplementeer word om dekking van die nasionale bevolking te verbeter. Die toekenning van die Spectrum-lisensie is in ooreenstemming met die bepalings van die Wet op Kommunikasie (nr. 8 van 2009) en aanvullende regulasies,” het Nghikembua gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!