• Tuisblad
  • Sake
  • MTN begin gesprekke om in Nigerië te noteer
MTN begin gesprekke om in Nigeriu00eb te noteer
MTN begin gesprekke om in Nigeriu00eb te noteer

MTN begin gesprekke om in Nigerië te noteer

Estelle de Bruyn
Die selfoonoperateur MTN het met Nigerië se markowerheid vergader om ’n aanvanklike openbare aanbod wat sy notering sal voorafgaan, te bespreek.

Mounir Gwarzo, direkteur-generaal van Nigerië se markkommissie, het die vergadering bevestig en MTN het die moontlikheid bespreek om verskillende aandeelklasse aan sekere beleggers uit te reik.

Drie aandeelklasse word beoog, wat ’n nuutjie vir Nigerië sal wees.

Gwarzo sê die kommissie sal die verkoop van die aandele ondersteun solank dit aan plaaslike wetgewing voldoen en gewone beleggers beskerm is.

MTN is die grootste selfoonoperateur in Nigerië met 57 miljoen intekenaars.

Nigerië dra sowat ’n derde van sy inkomste by.

MTN sê hy beoog om in 2017 in Nigerië te noteer as deel van ’n ooreenkoms met die land se regering.

Die nuus is in Junie bekend gemaak toe MTN ingestem het om sy boete van $1,7 miljard te betaal.

Die boete is verminder in ’n skikking met die regering.

MTN is beboet omdat hy nie die SIM-kaarte van selfoongebruikers geregistreer het nie.

Volgens Gwarzo het MTN egter nog nie ’n amptelike aansoek gedoen om die aandele te verkoop nie.

MTN Nigerië het vir Stanbic IBTC Capital, Standard Bank, Standard Advisory London en Citigroup Global Markets as transaksie-adviseurs aangestel. Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!