MTN gaan dit uit die rooi maak
MTN gaan dit uit die rooi maak

MTN gaan dit uit die rooi maak

Hanlie Stadler - MTN gaan vanjaar in ’n sekere opsig die vrugte pluk van twee baie swak boekjare omdat dit sy syfers vir vanjaar in vergelyking daarmee blink laat lyk.
In ’n Sens-verklaring wat Vrydag uitgereik is nadat die beurs reeds gesluit het – dikwels ’n stap as ’n maatskappy slegte nuus tot die laaste minuut wil terughou – sê die selfoonmaatskappy hy gaan vir die halfjaar tot einde Junie ’n wins toon.
MTN se wesensverdienste per aandeel en verdienste per aandeel gaan albei minstens 20% beter wees as in die vergelykende vorige halfjaar, toe ’n wesensverlies van R2,71 per aandeel gely is. Maatskappye moet verklaar as hul resultate met 20% of meer gaan styg of daal vergeleke met die vorige vergelykbare tydperk.
Verlede jaar is MTN gerem deur die enorme boete wat hy in Nigerië moet betaal omdat hy miljoene intekenare se persoonlike besonderhede nie behoorlik geboekstaaf het – soos wetgewing soortgelyk aan Suid-Afrika se Rica vereis nie.
MTN het eindelik US$1,1 miljard aan die Nigeriese regering betaal en ook beloof om sy plaaslike eenheid op die land se aandelebeurs te noteer ná amper agt maande se onderhandelinge oor die boete.
MTN is ook geruk deur bewerings dat hy US$14 miljard onwettig uit Nigerië geneem het.
Die groep se aandeelprys het in Oktober by ’n intradaglaagtepunt van R104,76 gedraai en het Vrydag op R121,70 gesluit. Dit is nietemin vanjaar reeds 3,54% laer.
Die resultate word op 3 Augustus uitgereik. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!