MTN glo naby skikking oor Nigeriese eis
MTN het byna 'n ooreenkoms met die sentrale bank van Nigerië bereik oor die US$8,1 miljard wat die owerheid sê onwettig uit die land geneem is, volgens iemand met kennis van die saak.
'n Skikking word teen vandag verwag, maar kan dalk reeds Vrydag bereik word, sê die persoon.
Die sentrale bank sou Vrydag vergader met die vier banke wat daarvan beskuldig word dat hulle die geldoordrag moontlik gemaak het: Standard Chartered, Citigroup, Stanbic IBTC en Diamond Bank.
Dié vergadering in Lagos kan die sage beëindig, reken die persoon. MTN, Citibank, Standard Chartered en Stanbic IBTC wou nie kommentaar lewer nie en Diamond Bank kon nie bereik word nie.
ENORME VERLIGTING
'n Skikking sal 'n enorme verligting wees vir MTN, die grootste selfoonmaatskappy in Afrika volgens intekenare.
Die Johannesburgse firma het byna 'n vyfde van sy markwaarde verloor sedert die eis in Augustus gestel is dat MTN US$8,1 miljard terugbring Nigerië toe.
MTN en die vier banke, wat met US$16 miljoen beboet is, ontken dat hulle iets verkeerd gedoen het.
MTN het reeds 'n hofgeding aanhangig gemaak teen die sentrale bank, sowel as teen die prokureur-generaal, wat US$2 miljard se agterstallige belasting eis.
Nigerië is MTN se grootste mark.
Suid-Afrika se Reserwebank het Woensdag in sy verslag oor finansiële stabiliteit gesê die eise teen MTN is 'n groot risiko vir die plaaslike mark.
“Die onmiddellike, of minstens binnekort, repatriasie van die geld aan die Nigeriese owerhede kan MTN se vermoë raak om sy skuldverpligtinge na te kom, insluitende dié aan die Suid-Afrikaanse banksektor. Gegewe die onderlinge verbonde aard van die finansiële stelsel kan dit sistemiese risiko verhoog.”
Die Reserwebank sê die slegste moontlike uitkoms sal wees as MTN uit Nigerië onttrek.
– Netwerk24/Bloomberg, bygewerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie