• Tuisblad
  • Sake
  • MTN, Netcare ook ondersoek vir skyn- ekonomiese bemagtiging
MTN, Netcare ook ondersoek vir skyn- ekonomiese bemagtiging
MTN, Netcare ook ondersoek vir skyn- ekonomiese bemagtiging

MTN, Netcare ook ondersoek vir skyn- ekonomiese bemagtiging

Twee groot genoteerde maatskappye is onder dié wat deur die nuwe kommissie vir breë swart ekonomiese bemagtiging vir moontlike skynbemagtiging ondersoek gaan word.
Die departement van handel en nywerheid het aangekondig die kommissie vir breë swart ekonomiese bemagtiging het met 17 ondersoeke begin om te bepaal of ondernemings die Wet op Breë Swart Ekonomiese Bemagtiging oortree ten opsigte van die swart aandeelhouers wat hulle aanvoer hulle het.

Die twee groot maatskappye wat ondersoek gaan word is MTN en Netcare.

Ander wat bekend is, is WorleyParsons en Nokia Solutions and Networks South Africa.

Ses bemagtigingsverifiëringsagent­skappe gaan ook ondersoek word om te bepaal of hul praktyke bo verdenking is.

Ook Eskom en die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) word ondersoek.

Eskom word bekyk om te bepaal of die vereistes van die wet nagekom is toe die tender vir die Duvha-kragstasie aan 'n Chinese maatskappy toegeken is. Dié kontrak is reeds in omstredenheid gedompel.

In Junie is berig die hooggeregs­hof in Johannesburg het 'n stokkie gesteek voor Eskom se planne om voort te gaan met 'n omstrede tender van R4 miljard om die Duvha-krag­stasie se stoomketel te vervang.

Eskom het in Maart die kontrak aan die Chinese maatskappy ­Dong­fang toegestaan, al het dié maatskappy R1 miljard meer as sy mededingers getender.

Die ondersoeke volg ná die kommissie verlede jaar in bedryf gekom het.

Die ondersoek oor Sassa handel daaroor of hy die wet nakom met tenders wat uitgereik word. Dit sluit in die tender wat aan Cash Paymaster Services toegeken is en of dié maat­skappy skynbemagtiging toepas.

Die kommissie mag op sy eie met ondersoeke begin.

Swaar strawwe kan opgelê word.

Ondernemings wat die wet oortree, kan aangekla word en 'n boete ontvang wat 10% van sy jaarlikse omset kan beloop. Die individue wat betrokke is, kan ook beboet word of tot 10 jaar tronkstraf kry. Die onderneming wat betrokke is, kan ook gestraf word om vir 10 jaar nie met die staat sake te doen nie, terwyl die kontrakte wat hul reeds het, gekanselleer kan word. – Netwerk24

Hulle gaan ondersoek word

1. Net Value Beherend (Edms) Bpk.: Bepaal of die eienaarskapmodel deur 'n trust wat deur die entiteit gebruik word vir swart eienaarskap aan die wet voldoen.

2. MTN: Bepaal of die bemagtigingskemas MTN Zakhele en MTN Zakhele Futhi aan die vereistes vir swart eienaarskap onder die wet voldoen.

3. Nokia Solutions and Networks South Africa (Edms) Bpk.: Bepaal of die transaksie wat 'n werkers­trust en Sekunjalo Investment Beperk deur spesifieke entiteite uitgevoer het, die wet nakom.

4. WorleyParsons RSA: Bepaal of die 30% swart eienaarskap van werkers deur 'n werkerstrust die wet nakom.

5. Netcare: Bepaal of die eienaar­skap wat deur Health Partners for Life plaasgevind het en wat uit vier trusts bestaan, die wet nakom.

6. Dust-a-Side: Bepaal of daar swart eienaarskap en bestuursbeheer is en of die sertifikaat vir swart bemagtiging geldig is.

7. Tempest Fire: Bepaal of die twee swart lede van die geslote korporasie wel bestaan en of die maat­skappy met skynbemagtiging besig is.

8. Altius Trading 40 wat as Reliant Electric handel dryf: Bepaal of die aandeleskema vir werkers aan die wet voldoen.

9. Forklift Parts World: Bepaal of die aanspraak dat die maatskappy 50% in swart besit is, korrek is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!