MTN onskuldig oor US$14 mjd. uit Nigeriu00eb
MTN onskuldig oor US$14 mjd. uit Nigeriu00eb

MTN onskuldig oor US$14 mjd. uit Nigerië

Nigeriese wetgewers het bevind die selfoonoperateur MTN het geen wet oortree toe hy US$14 miljard uit die land gerepatrieer het nie.

Daar was “geen bewys van samespanning om wette oor buitelandse valuta te oortree nie,” het 'n kommissie van ondersoek Woensdag in 'n verslag gesê.

Die kommissie is deur dié land se senaat aangestel om die beweringe te ondersoek.

“Daar is bewys daar was ­massiewe kapitaaluitvloei, maar dit is nie genoeg om te bewys 'n misdaad is gepleeg nie,” lui die verslag.

Die wetgewers het die Sentrale Bank van Nigerië gevra om stappe teen Stanbic IBTC Nigerië te doen.

Dit was “oor verkeerde dokumentasie” vir die repatriasie van kapitaal, asook die betaling van lenings.

Hulle sê hulle wil stappe doen om wetgewing te verskerp om tekort­kominge in wette vir buitelandse valuta uit die weg te ruim.

Dino Melaye, 'n senator, het MTN meer as 'n jaar gelede daarvan be­skuldig dat hy US$13,92 miljard oor 'n dekade sedert 2006 onwettig uit die land geskuif het.

Dit was die rede vir die ondersoek.

Funso Aina, woordvoerder vir MTN Nigerië, het gesê hy kon nie onmiddellik kommentaar lewer nie.

Stanbic IBTC sê hy is bewus van die senaat se verklaring.

Hy “wag vir formele kommunikasie van die relevante komitee,” het die bank in 'n e-pos gesê.

Die Nigeriese Kommissie vir Kommunikasie het MTN Nigerië 'n boete van US$1 miljard opgelê.

Dit was omdat hy tydens 'n sekuriteitsingryping nie sowat vyf miljoen intekenare voor 'n sekere spertyd afgesny het nie.

Nigerië is MTN se grootste mark met meer as 50 miljoen kliënte.

Die maatskappy beplan om in 2018 op die Nigeriese aandelebeurs te noteer.

Hy het Woensdag 2,3% hoër op R127,81 op die JSE gesluit.

– Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!