MTN se aandeelprys val nu00e1 nuus oor syfers
MTN se aandeelprys val nu00e1 nuus oor syfers

MTN se aandeelprys val ná nuus oor syfers

Jo-Mare Duddy Booysen
Hanlie Stadler



Die Nigeriese boete gaan MTN se jaarresultate 'n enorme knou gee.

Die maatskappy sê in 'n verklaring op Sens, die JSE se nuusdiens, hy gaan 'n wesensverlies per aandeel ly in die boekjaar tot einde Desember, waarvan die resultate op 2 Maart uitgereik word.

'n Daling van R4,74 in die wesensverdienste en in die verdienste per aandeel kan reeds aan die ­Nigeriese boete toegeskryf word.

'n Boete van US$5,2 miljard is in Oktober 2015 aan die maat­skappy opgelê, maar dit is ná lang onderhandelinge op 10 Junie 2016 tot US$1,7 miljard (volgens die rand-dollar-wisselkoers op daardie tydstip) verminder.

MTN het miljoene selfoonnommers waarvan gebruikers se adres nie geverifieer was nie, nie betyds van sy netwerk afgesny nie. Dit is 'n vereiste om misdaad te bestry ingevolge wetgewing soortgelyk aan Suid-Afrika se Rica.

MTN Nigerië het uiteindelik in Februarie 2016 4,5 miljoen gebruikers in dié land van die netwerk verwyder, wat op sigself sy resultate gaan beïnvloed.

MTN sê die regs- en ander koste wat met die boete verband hou, asook met die beloofde notering in Nigerië wat deel was van die skikking, het sy syfers verder geknou.

MTN het ook verliese in verskeie lande gely en sy syfers is afgerem deur swak geldeenhede in van die lande waarin hy sake doen.

Nóg afskrywings moet weens die hiperinflasie in Iran gedoen word.

Swak verkope van voorafbetaalde opsies in die eerste helfte van 2016 in Suid-Afrika word ook as rede vir die verwagte swak resultate genoem.

MTN sê hy sal binnekort 'n beter aanduiding kan gee van die omvang van die daling in sy wesensverdienste en verdienste per aandeel. Genoteerde maatskappye moet ingevolge JSE-regulasies aandui indien hul syfers met 20% of meer gaan styg of daal.

Intussen moet MTN bewerings beveg dat hy sedert 2006 meer as US$14 miljard onwettig uit Nigerië geneem het.

Dié regsproses kan die Nigeriese notering, wat vir die derde kwartaal van 2017 beplan was, vertraag.

“Die bedreiging van die onopgeloste bewerings maak dit moeilik om 'n behoorlike waardasie van die maatskappy te doen en die notering word daardeur moeiliker gemaak,” het Peter Takaendesa, 'n batebestuurder van Mergence Investment Managers, vroeër hieroor aan Bloomberg gesê.

Die nuus van dié aanklag in Oktober het MTN se aandeelprys tot R104,76, die laagste in meer as ses jaar, laat val.

Daarna het dit effens herstel, maar gisteroggend vroeg het die aandeel reeds 4,81% tot R112,47 verloor weens die Sens-aankondiging.

MTN het die afgelope jaar vir beleggers 'n verlies van 8,58% meegebring nadat die verlies in 2015 meer as 36,6% was.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!