MTN se aandeleprys op laagste vlak in 6 jaar
Internasionale forensiese kundiges, rekenmeesters en prokureurs ondersoek dokumente tot so ver as 16 jaar gelede.
MTN se aandeleprys het Donderdag tot sy laaste vlak in ses jaar gedaal nadat ’n hooggeplaaste in Nigerië beweer het die maatskappy het onwettig meer as US$14 miljard uit die land geneem.
Die aandeleprys het 2,3% laer op R107,50 gesluit.
Dit is die laagste aandeleprys sedert Julie 2010.
Sedert die beweringe vir die eerste keer die lig gesien het, het sy aandeleprys met 13% verswak.
MTN ontken die beweringe, het Ferdi Moolman, uitvoerende hoof van die maatskappy in Nigerië, aan wetmakers in die Lagos gesê.
Dino Melaye, ’n senator, sê ’n voorlopige ondersoek toon die bedrag is baie hoër as wat aanvanklik gedink is.
Hy het in September die eerste keer die beweringe gemaak.
Rafiu Ibrahim, voorsitter van ’n komitee wat die ondersoek lei, sê “internasionale forensiese kundiges, rekenmeesters en prokureurs” ondersoek dokumente tot so ver as 16 jaar gelede.
Die ondersoek vind plaas amper vier maande nadat MTN ingestem het om ’n US$1,1 miljard-boete in kontant aan die Nigeriese regering te betaal en sy plaaslike eenheid op die land se aandelebeurs te noteer ná amper agt maande se onderhandelinge.
MTN is beboet omdat hy die sperdatum gemis het om 5,1 miljoen ongeregistreerde kliënte se selfoondienste te beëindig.
Moolman sê MTN het “wettig” geld uit Nigerië versend om dividendbetalings te maak.
Oudits is deur MTN gedoen om te verseker daar is genoeg kapitaal beskikbaar en finansiële state is aan die banke verskaf, sê hy.
Hy ontken dat daar saamgespan is met Okechukwu Enelamah, Nigerië se minister van handel en nywerheid, om die geld te versend.
MTN se aandeleprys het halveer sedert die boete ’n jaar gelede bekendgemaak is.
Sy mededinger Vodacom is nou die grootste selfoonmaatskappy wat betref markwaarde op die beurs.– Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie