MTN sukkel in Suid-Soedan
MTN gaan 54 werknemers in Suid-Soedan afdank en die manier verander waarop hy lugtyd verkoop.
Die maatskappy is diep in die nood weens die ekonomiese krisis in dié olieproduserende land wat spruit uit die burgeroorlog wat al vir langer as twee jaar woed.
MTN het net 136 werknemers in Suid-Soedan, wat beteken hy dank byna 40% van sy werkmag af.
MTN, die grootste selfoonmaatskappy in Afrika volgens intekenare, ly al sedert 2011, toe hy in Suid-Soedan begin sake doen het, ’n verlies in dié land.
Suid-Soedan se ekonomie gaan na verwagting vanjaar met 5,3% krimp, volgens die Internasionale Monetêre Fonds. Die land het die derde grootste ruoliereserwes in Afrika, maar pomp tans net sowat 120 000 vate per dag – die helfte van voor die burgeroorlog, wat in Desember 2013 uitgebreek het. (Angola, daarenteen, pomp sowat 1,75 miljoen vate per dag.)
Suid-Soedan se inflasiekoers is 266%, die hoogste ter wêreld.
Die land se grootste buitelandse belegger naas olie is SABMiller, wat vanjaar sy brouery in Suid-Soedan sluit omdat daar ’n tekort aan buitelandse valuta is. Dit bring mee dat die brouer nie die bestanddele vir sy bier kan invoer nie.
MTN het die afgelope paar jaar US$170 miljoen in Suid-Soedan belê en het sowat 1,1 miljoen intekenare.
Tot dusver is lugtyd met behulp van krapkaarte verkoop, maar dit word in Suid-Afrika gedruk en dan ingevoer. MTN gaan nou lugtyd elektronies begin verkoop om koste te bespaar. - Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie