Mugabe bedank God
Mugabe bedank God

Mugabe bedank God

Tanja Bause
'n Peinsende pres. Robert Mugabe het by die viering van sy 93ste verjaardag met 'n cowboy-hoed op sy kop aan mense gesê hy bedank God vir die “lang, lang reis” van sy lewe.

Dit was 'n “lang, lang reis om af te lê: 'n Reis met sy eie vreugde, sy eie onplesierighede en sy eie hartseer,” het Mugabe Saterdag gesê aan duisende ondersteuners van die regerende Zanu-PF-party wat op 'n modderige skool-rugbyveld naby Bulawayo saamgetrek het.

Jeuglede van Zanu-PF het busse, 150 beeste en tienduisende Amerikaanse dollar in die hande gekry om die omstrede verjaardagvieringe in die Matopo-distrik te hou.

Dit is gedoen te midde van Zimbabwe se ekonomiese en maatskaplike krisis wat al hoe erger word. Honderde mense het boonop in die laaste klompie dae hul huise weens vloede verloor.

Die partytjiegangers met hul rooi serpe was in die algemeen stil terwyl Mugabe gepraat het oor sy gesinslede wat dood is. Hy het gesê hy het “nog net een suster oor”.

Die president het moeg geklink en stadig gepraat. Dit was in teenstelling met sy energieke vrou, Grace, wat vroeër die voorsanger was toe partytjiegangers hom 'n gelukkige verjaardag toegesing het.

“Jy beteken alles vir my en die familie,” het die 51-jarige Grace gesê. Sy het ook 'n swart cowboy-hoed gedra.

Daar word wyd bespiegel dat sy haar oog het op die president se pos as haar toenemend brose man doodgaan. Sy sal egter strawwe teenstand kry van 'n faksie in Zanu-PF onder leiding van adj.pres. Emmerson Mnangagwa.

Verskeie verjaardagkoeke was by die partytjie te siene. Een wat opgeval het, was 'n replika van die bekende gestapelde rotsblokke van Zimbabwe se Matobo Nasionale Park.

Opposisiepartye was vandeesweek erg krities oor die partytjie. Tendai Biti, 'n voormalige minister van finansies, het die partytjie Saterdag gekap deur te twiet “kultus-­parasiete” het in Matopo saamgetrek “om hulde te bring aan 'n geriatriese okkultiese godheid terwyl die mense verdrink in pyn en armoede”.

- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-01-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 33° Oshakati: 23° | 32° Ruacana: 20° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 23° | 31° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 18° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 24° | 35° Mariental: 26° | 39° Keetmanshoop: 25° | 40° Aranos: 26° | 39° Lüderitz: 19° | 31° Ariamsvlei: 25° | 40° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 24° | 37° Lubumbashi: 15° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 18° | 23° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 23° | 31° Cape Town: 20° | 28° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 32° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 17° | 27° Harare: 16° | 28° #REF! #REF!