Mugabe dreig met nuwe grondbesettings
Die Zimbabwese president wil die handjoe vol oorblywende kommersiële boere se plase nou ook afneem.
Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe het Vrydag met hernude grondgrypery gedreig en gesê die laaste oorblywende wit kommersiële boere moet van hul eiendom verwyder word.
Mugabe (93) het duisende Zanu-PF-ondersteuners in Marondera, ’n landboudorpie sowat 80 km oos van Harare, toegespreek.
Hy het gesê die boere moet van die grond gesit word omdat die meeste Zimbabwiërs grond nodig het.
“Ons het aan Tony Blair (’n voormalige Britse premier) gesê hy moet sy Engeland hou en ons sal ons Zimbabwe hou, want dit is ons erfgrond.
“Ons het vasgestel dat daar in Mashonaland-Oos, waar Ray Kaukonde ’n minister is, steeds 73 wit kommersiële boere is wat plase beset terwyl ons mense nie grond het nie,” het Mugabe in Shona aan die inwoners gesê.
Kaukonde is in 2014 uit die Zanu-PF geskop ná bewerings dat hy die voormalige vise-president Joice Mujuru sou steun.
Mujuru is die leier van die National People’s Party in Zimbabwe.
Mujuru was die eerste lid in Zanu-PF wat die deur gewys is omdat sy glo beplan het om Mugabe te laat vermoor om hom uit die kussings te lig.
Mujuru het al gesê voormalige wit kommersiële boere sal vergoed word indien sy president sou word.
Mugabe het Vrydag ook gesê die regering gaan die oorblywende plase in wit besit afvat en gee aan jong mense wat nog nie by grondhervorming baat gevind het nie. Die grond sal egter nie genoeg wees vir almal nie, sê hy.
“Ons sal ook beslag lê op grond van kleinboere wat nie die grond benut nie, en dit dan herverdeel.”
Die strydlustige Mugabe het ook sy eie hooggeplaaste amptenare gewaarsku dat hulle van die plase wat aan hulle gegee is, kan verloor.
“Baie van julle het meer as een plaas wat julle nie benut nie. Ons doen ’n oudit van daardie plase en ons gaan dit gee aan mense wat nie grond het nie en wat die plase kan benut.”
Die meeste van die plase wat beset is, het verval omdat die nuwe eienaars nie die hulpbronne of ervaring gehad het om dit te benut nie.
Mugabe se opmerkings kom in die lig van kritiek teen hom en sy familie omdat hulle ’n groot hoeveelheid grond besit.
Hy word deur lede van die opposisie daarvan beskuldig dat hy meer as een plaas besit terwyl sy regering ’n eenplaasbeleid toepas.
Mugabe het ook Zimbabwiërs gewaarsku wat grond ontvang het en nou huurooreenkomste en kontrakte met voormalige wit boere aangaan. Hy het gesê sulke Zimbabwiërs se grond sal ook deur die regering teruggevat word.
Duisende wit kommersiële boere het in 2000 hul plase verloor en geen heenkome gehad nie toe die Mugabe-regering grondhervorming met dikwels gewelddadige plaasbesettings deurgevoer het.-Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie