Mugabe kan glo nie meer loop
Oudpres. Robert Mugabe (94), wat die afgelope twee maande mediese behandeling in Singapoer ontvang, kan blykbaar nie meer loop nie.
Volgens Emmerson Mnangagwa, president van Zimbabwe, wat nie wou sê presies watter behandeling Mugabe ontvang nie, sal Mugabe teen volgende week terug by die huis wees, berig Reuters.
“Ons het nuus ontvang dat dit baie beter met hom gaan en dat hy teen 30 November terug in die land sal wees. Hy kan nie meer loop die, maar ons sal aanhou om na hom om te sien,” het Mnangagwa op ’n Zanu-PF-byeenkoms in Murombedzi naby Harare gesê.
Luidens Bloomberg het Mugabe in sy tydperk as president behandeling vir sy oë ontvang. Gerugte van kanker word egter ontken.
Mnangagwa het Mugabe verlede jaar, ná 37 jaar as president, opgevolg.
Daar was jare lank bespiegel oor hoe lank Mugabe aan die stuur van sake sou wees. CNN berig sy vrou, Grace, het selfs gedink dat hy die land tot sy dood sou regeer.
BBC berig die Zimbabwiese regering betaal vir Mugabe se behandeling.
“Ons kyk na hom. Hy is die vader van die nasie. Die vader van ’n vry Zimbabwe,” het Mnangagwa volgens die Sunday Mail gesê. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie