Mugabe se luukse leefstyl onthul
Dokumente in Grace Mugabe se hofstryd oor 'n diamantring van US$1,35 miljoen verklap uitspattighede.
In nuwe hofdokumente word onthul dat die Mugabes jaarliks sowat US$500 000 (N$6,8 miljoen) betaal om 'n villa in Dubai te huur.
In die dokumente staan die sakeman Jamal Ahmed Zimbabwe se presidentsvrou, Grace Mugabe, se poging teen om 'n voorlopige bevel teen haar om te keer.
News24 berig Grace het onlangs 'n storm ontketen toe sy 'n terugbetaling van US$1,35 miljoen (N$18,3 miljoen) geëis het nadat Ahmed glo nie die diamantring betyds afgelewer het nie.
Die ring was veronderstel om Mugabe se geskenk aan haar vir hul huweliksherdenking te wees.
Na die transaksie skeefgeloop het, het Grace na bewering beslag gelê op eiendom van Ahmed. Sy is met 'n hofbevel beveel om die huise te verlaat.
Sy staan nou dié bevel teen.
Grace ontken in haar opponerende verklaring dat sy die geld in haar rekening in Dubai wil laat deponeer. Sy voer aan sy het nie 'n buitelandse rekening nie.
Ahmed sê dit is onmoontlik, omdat die Mugabes die huur van die huis in Dubai maandeliks deur 'n bank betaal.
Hulle huur 'n villa met tien slaapkamers in Emirates Hills in Dubai. Volgens Ahmed is dit 'n vooraanstaande en eksklusiewe woonbuurt.
Die hofgeding kom op 'n tyd wat die meeste Zimbabwiërs sukkel om kop bo water te hou met kontanttekorte, 'n tanende ekonomie en 'n hoë werkloosheidskoers.
Mugabe, wat onlangs in die Verre Ooste vakansie gehou het, het volgens berigte sowat US$36 miljoen tydens sy maandlange vakansie bestee waarin hy ook amptelike take verrig het.
Dit terwyl gesondheidsowerhede in Zimbabwe sowat US$250 000 vir 'n tifus-epidemie benodig het. Nege mense het hierin omgekom.
Morgan Tsvangirai van die Movement for Democratic Change (MDC) het Mugabe gekritiseer en gesê hy moet eerder die geld gebruik om Zimbabwe te ontwikkel.
Een van Tsvangirai se adjunkte, Nelson Chamisa, het Mugabe daarvan beskuldig dat hy nie vir die land omgee nie.
“Hoekom kan hy nie ons land soos Maleisië, Dubai of Singapoer ontwikkel sodat almal hierheen wil kom nie?” het Chamisa gesê.
Nog 'n drukgoep, #Tajamuka, sê hulle gaan Mugabe se spandabelrige leefstyl in 'n hofgeding in die konstitusionele hof gebruik om hom onbevoeg te laat verklaar.
Mugabe se woordvoerder was nie beskikbaar vir kommentaar nie.
'n Minister wat nie sy naam wil noem nie, het aan News24 genoem dat Mugabe en sy familie 'n aantal ondernemings in Zimbabwe het en dat hulle daardie geld gebruik om hul leefstyl te finansier.
Intussen het Tsvangirai, die Zimbabwiese opposisieleier, Sondag op Twitter laat weet hy leef beslis, ná gerugte op sosiale media dat hy aan voedselvergiftiging gesterf het.
“Ek hoor daar is morbiede en kwaadwillige gerugte oor my dood wat die ronde doen. Wel, die twiet spreek vanself. Ek is beslis lewendig,” het hy op @mrtsvangirai op Twitter laat weet.
Dit volg op berigte op 'n nuuswebwerf van “bevestigde gerugte” van sy dood. Vals berigte oor die dood van Robert Mugabe, die president, is meer algemeen.
Tsvangirai, wat sedert 1999 in die politiek bedrywig is, is in 2016 vir kolonkanker behandel.
Luke Tamborinyoka, Tsvangirai se woordvoerder, sê in 'n verklaring Zimbabwiërs kan gerus voel.
“Ons leier is gesond. Hy sal later ook 'n openbare vergadering in Gwanda toespreek.”
Douglas Mwonzora, die party se hoofsekretaris, het bevestig Tsvangirai het die byeenkoms op Gwanda toegespreek.
Hoewel Tsvangirai drie verkiesings teen Mugabe verloor het, is die verwagting dat hy in volgende jaar se verkiesing weer teen Mugabe sal staan. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie