Mugabe se oorskot op pad huis toe
Die oorskot van wyle oudpres. Robert Mugabe van Zimbabwe was Woensdagoggend in 'n private straler vanaf Singapoer op pad na Harare nadat hy vyf dae gelede daar in die vreemde in 'n hospitaal gesterf het.
Dit is bevestig deur die Zimbabwiese ambassade daar en volgens flightradar14.com, 'n webtuiste wat vliegtuie se roetes monitor, sou die private straler omstreeks 08:50 plaaslike tyd vanaf Singapoer opstyg. Die vlug sal sowat 15 uur duur.
Mugabe se oorskot is vroeg Woensdagoggend in 'n lykswa na die lughawe geneem. Die Zimbabwiese regering het reeds vroeër aangedui dat hy die koste sal dek. Polisielede het Woensdag met motorfietse buite Singapoer by die begrafnisonderneming byeengekom, waar die oorskot van Mugabe, wat verlede Vrydag op 95-jarige ouderdom gesterf het, gehou is.
Hy het voor sy dood reeds 'n geruime tyd mediese behandeling in die land ontvang.
'n Vliegtuig met Zimbabwiese amptenare en van Mugabe se familielede het Maandag uit Zimbabwe vertrek om sy oorskot te gaan haal.
SA AFVAARDIGING
Suid-Afrika stuur die naweek 'n regeringsafvaardiging, asook ANC-lede, na Robert Mugabe se begrafnisdiens wat in die nasionale sportstadion gehou gaan word.
Daar is nog nie bevestig waar Mugabe begrawe gaan word nie. Onderhandelings duur luidens berigte voort tussen die regering en sy naasbestaandes. Die regering wil hom in die nasionale helde-begraafplaas op 'n heuwel buite Harare begrawe, maar daar is ook die moontlikheid dat hy in sy geboortedorp, Zvima, sowat 100 km noordwes van die hoofstad, begrawe gaan word.
– Netwerk24/News24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie