Mugabe sprak gu2019n sprook oor Tsvangirai se dood
Mugabe sprak gu2019n sprook oor Tsvangirai se dood

Mugabe sprak g’n sprook oor Tsvangirai se dood

Sedert Robert Mugabe as staatshoof van Zimbabwe verwyder is, is min van hom gehoor.
Zimbabwe se oudpres. Robert Mugabe het na bewering nog nie ’n woord gesê oor sy grootste politieke teenstander, Morgan Tsvangirai, sedert dié se dood verlede Woensdag nie.

Die voormalige vakbondstaatmaker, wat Mugabe se grootste politieke teenstander was, is verlede Woensdag in ’n Suid-Afrikaanse hospitaal dood waar hy vir kolonkanker behandel is.

Tsvangirai (65) het die Movement for Democratic Change (MDC) in 1999 gestig.

Hy was een van die prominentste kritici van Mugabe, wat in November deur ’n bloedlose staatsgreep uit die kussings gelig is.

Volgens New Zimbabwe.com het Mugabe ’n “opvallende stilte” oor sy jarelange mededinger se dood gehou.

Tsvangirai het vyf jaar lank onder Mugabe gedien tydens die regering van nasionale eenheid wat gestig is in 2009 tot 2013.

Intussen dra Mugabe steeds sy snyerspakke, al is hy maande lank nie meer aan die bewind nie.

Vader Fidelis Mukonori het gehelp om Mugabe, wat vandeesweek week 94 word, te oortuig om te bedank ná ’n militêre oorname in November.

Mukonori is Mugabe se geestelike raadgewer

Hy het aan die private dagblad Standard gesê hy praat gereeld met die Zimbabwiese oudpresident en het hom “ ’n paar weke gelede” besoek.

Hy sê Mugabe lyk “ gelukkig en gesond. Hy is steeds dieselfde. Hy dra steeds sy pakke. Hy lyk netjies [en] skeer nog . . . Hy is steeds dieselfde Robert Mugabe wat jy geken het,” sê Mukonori.

Mugabe was in beheer in Zimbabwe sedert onafhanklikheid in 1980. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!