Mugabe vat familie VN-beraad toe
Mugabe vat familie VN-beraad toe

Mugabe vat familie VN-beraad toe

Opposisiepartye meen die Mugabes gebruik die reis vir persoonlike sake.
Die Amerikaanse ambassade het glo die insluiting van Zimbabwiese president Robert Mugabe se familie in sy gevolg van meer as 70 mense na die Verenigde Nasies (VN) se beraad bevraagteken.

Volgens Business Africa wou Mugabe reeds op 16 September vertrek, allhoewel die beraad van 19 tot 23 September plaasvind.

Diplomatieke bronne het na bewering vandeesweek gesê die Amerikaanse ambassade bevraagteken die insluiting van Mugabe se familie, naamlik sy vrou Grace Mugabe, hul dogter Bona en kleinseun Simbanashe. Die afvaardiging sluit ook Mugabe se seun Bellarmine Chatunga, asook Grace se oudste seun, Russell Goreraza, in.

"Paspoorte is verlede week vir visumaansoeke by die Amerikaanse ambassade ingehandig, maar amptenare bevraagteken die aantal afgevaardigdes en het 'n visum aan een van die joernaliste van staatsmedia geweier," het 'n bron gesê.

"Mugabe se gevolg sal vir tien dae ewg wees en die regering gee aan elke lid van die afvaardiging US$1 500 per dag."

Volgens News Day het opposisiepartye en burgerlike organisasies hul woede oor Mugabe se reis en sy afvaardiging uitgespreek wat meer asn US$10 million in toelae gaan spandeer - dit in 'n tyd wat die land kontanttekorte beleef.

Die amptelike opposisieparty, die MDC, beweer dat die Mugabes, wat verban was om na Amerika te reis, die reis vir persoonlike sake gebruik.

Meer as 150 wêreldleiers word verwag om die VN se Volhoubare Ontwikkelingsberaad by die VN-hoofkwartier in New York by te woon.

Dit word verwag dat Mugabe wêreldleier op 21 September gaan toespreek. - News24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!